Petisie teen Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit
AfriForum se Zeerust-tak gaan ’n klag teen die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit indien oor hul gebrek aan dienslewering.
Van die kwessies is:
- aanhoudende kragonderbrekings;
- waterlekkasies en -vermorsing;
- gebreekte straatligte; en
- ‘n gebrek aan vullisverwyderingsdienste.
Ons het jou naam op die petisie nodig om ons klag te steun. Vul asseblief die onderstaande vorm in om jou naam by te voeg.