Oudtshoorn-buurtwag ruk in massas op om gemeenskap te beveilig
Die AfriForum-buurtwag in Oudtshoorn het die afgelope naweek ’n massapatrollie gehou en beheerpunte saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), privaat sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsrolspelers opgestel om hierdie gemeenskap veiliger te maak.
Tydens die geleentheid het die AfriForum-buurtwag die SAPD bygestaan met sigbare gemeenskapspolisiëring deur ongeveer 26 voertuie en 60 persone patrollies deur verskeie buurte in Oudtshoorn te laat ry.
Hierdie soort operasies en die volgehoue sigbaarheid en paraatheid wat dit bevorder, is een van die maniere wat AfriForum misdaad in gemeenskappe in die kiem smoor. Geen insidente is tydens die patrollie aangemeld nie, wat beteken dat die rolspelers hul aandag daarop kon vestig om hoë sigbaarheid te bevorder en brandpunte vir misdaad in die gemeenskap te identifiseer.
“AfriForum is dankbaar vir elke individu wat aan die patrollie deelgeneem het,” sê Nico van der Merwe, leier van AfriForum se Oudtshoorn-buurtwag. “Ons is dankbaar vir die goeie samewerking tussen al die rolspelers. AfriForum sal voortgaan om gemeenskappe te beveilig en saam met ander veiligheidsrolspelers te werk om te verseker dat misdaad nie ’n vastrapplek in Oudtshoorn kry nie.”
Die AfriForum-tak in Oudtshoorn het reeds die afgelope jaar verskeie suksesvolle projekte van op die been gebring, wat als deur vrywilligers gereël en bestuur word. Die tak nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak en te help om meer projekte van stapel te stuur. Stuur ’n e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel Marthinus Erasmus by 081 216 9602 vir meer inligting.