OOREENKOMS OOR MINDERJARIGES

"*" indicates required fields

Die betrokkenheid van kinders en adolessente in terapie kan tot groot voordeel vir hul algehele ontwikkeling wees. Dit is gereeld die beste praktyk om hulle saam met hul ouers of ander gesinslede te sien; ander kere is dit beter as hulle op hul eie gesien word. Ek sal evalueer watter opsie die beste vir jou kind mag wees en ooreenkomstig ’n aanbeveling aan jou maak. Uiteraard is die ondersteuning van elkeen van die kind se sorggewers uiters belangrik, asook hulle begrip van die basiese prosesse wat by die berading van kinders betrokke is.

Die algemene doel daarmee om kinders in terapie te betrek is om hul ontwikkeling op alle vlakke te koester. Soms mag dit voorkom of ’n spesifieke gedrag verlang word, soos om die kind oor te haal om gehoorsaam te wees of sekere inligting bekend te maak. Hoewel dié doelwitte ’n deel van algehele ontwikkeling is, mag dit nie die beste doelwitte wees wat terapie betref nie. Ek sal weer eens die doelwitte evalueer en met jou bespreek.

Omdat my rol dié van jou kind se helper is, sal ek nie by regsdispute of ander amptelike prosesse betrokke raak nie, tensy ’n hof my daartoe verplig. Sake wat toesig en mediasie betref, word die beste deur ander professionele persone hanteer, wat spesifiek in dié terreine opgelei is, eerder as die kind se terapeut.

Die kwessie van vertroulikheid is uiters belangrik in die behandeling van kinders. Wanneer kinders saam met volwassenes gesien word, word dit wat bespreek word aan aanwesige volwassenes bekend en moet vertroulik gehou word, tensy daar wedersyds ooreengekom word. Kinders wat in individuele sessie gesien word (buiten onder buitengewone omstandighede) kan nie regtens op vertroulikheid aanspraak maak nie (dit word ook bevoorregting genoem); hul ouers geniet dié reg. Dit is egter so dat die voordele van terapie in die wiele gery mag word wanneer kinders nie voel dat hulle ’n mate van privaatheid het deur met die terapeut te gesels nie. Dit is daarom noodsaaklik om ’n reëling uit te werk waarvolgens kinders voel dat hul privaatheid in die algemeen beskerm word, terwyl ouers steeds toegang tot kritieke inligting het. Dié reëling moet die begrip en instemming van sowel die ouers of ander verantwoordelikhede as dié van die kind in terapie hê.

Die reëling oor die behandeling van minderjariges het voorwaardes vir die insluiting van individuele besonderhede, wat óf deur die kind, óf die betrokke volwassene verskaf mag word. Dit is egter heel eerste belangrik om daarop te wys dat daar uitsonderings op dié algemene reël is. Die volgende omstandighede troef die algemene beleid dat kinders ’n aanspraak op privaatheid het terwyl ouers of voogde ’n reg tot inligting ingevolge wetgewing het:

  • Vertroulikheid en bevoorregting word beperk in gevalle van kindermishandeling, verwaarlosing of molestering, of waar kinders ’n gevaar vir hulself en ander inhou. In sulke gevalle is die terapeut verplig om ’n amptelike verslag te lewer aan die toegewese agentskap, naamlik die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, en sal probeer om die ouers so ver moontlik betrokke te hou.
  • Minderjariges mag terapie onafhanklik versoek en die bevoorregting van vertroulikheid opeis in gevalle van mishandeling of erge verwaarlosing, molestering, swangerskap of oordraagbare siektes, asook wanneer hulle getroud of amptelike geëmansipeer is. Hulle mag ook onafhanklik terapie versoek vir dwelmmisbruik, gevaar vir hulself of ander of weens ’n psigologiese versteuring, maar ouers moet betrokke wees, tensy hul betrokkenheid die kind sou benadeel.

Noudat die verskeie aspekte wat vertroulikheid betref gemeld is, volg die spesifieke ooreenkoms tussen jou en jou kind:

Ek,*
Ek,

stem toe dat my/ons kind

*

privaatheid in sy/haar terapiesessies moet hê, en ek stem daartoe in om dié privaatheid toe te laat, buiten in buitengewone omstandighede, wat ek met die terapeut sal bespreek. Om die doeltreffendheid van die terapie te verhoog, stem ek tot die volgende in

Ek sal my bes doen om te verseker dat die terapiesessies bygewoon word en nie oor die inhoud van dié sessies sal uitvra nie. As my kind besluit om nie inligting oor die sessies vrywillig aan te bied nie, sal ek sy/haar reg respekteer om nie inligting bekend te maak nie. In kort: Tensy my/ons kind mishandel is of ’n duidelike gevaar vir hom-/haarself of ander inhou, sal die terapeut onder normale omstandighede slegs die volgende met my deel:

  • of die sessies bygewoon word
  • of my/ons kind oor die algemeen deelneem of nie
  • of daar oor die algemeen vordering is of nie.

Die normale prosedure vir die bespreking van kwessies wat deel van my kind se terapie vorm, sal gesamentlike sessies wees wat my/ons kind, die terapeut en my/ons insluit, en moontlik ander toepaslike volwassenes. As ek van mening sou wees dat daar beduidende gesondheids- of veiligheidskwessies is waarvan ek moet weet, sal ek die terapeut kontak en probeer om ’n sessie te reël waarby my kind ook betrokke is. Eweneens, as die terapeut bepaal dat daar beduidende kwessies is wat met die ouers bespreek moet word, sal alles moontlik gedoen word om ’n sessie te reël waarby sowel die ouers as kind teenwoordig is. Ek begryp ook dat, sou die terapeut van inligting te hore kom wat ’n wesenlike impak op my kind se welstand het, sal die terapeut met die persoon met die kennis saamwerk om te verseker dat albei ouers daarvan bewus is. In ander woorde: Die terapeut sal geen geheime openbaar nie, tensy deur die wet vereis, maar mag die persoon met die inligting aanmoedig om dié kennis bekend te maak sodat die terapie doeltreffend kan voortgaan.

DD slash MM slash YYYY
DD slash MM slash YYYY
DD slash MM slash YYYY

Soortgelyke plasings