|

#OnsDorpOnsVeiligheid: Paarl-tak leer gemeenskap hoe om hulself te verdedig

AfriForum se Paarl-tak het vandeesmaand in samewerking met Truekrav nóg ’n suksesvolle selfverdedigingswerksessie aangebied. Bykans 30 gemeenskapslede het geleer hoe om aanvalle af te weer wat met allerlei wapens uitgevoer word. Die tegnieke is prakties implementeerbaar vir mans en vroue.

“Die selfverdedigingswerksessies word gereeld gehou en gegewe die hoeveelheid mense wat die jongste sessie bygewoon het, is dit duidelik dat gemeenskapslede ’n behoefte aan hierdie soort opleiding het,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Hierdie was die derde werksessie van sy soort en tot dusver is sowat 70 mense in kontakvegkuns opgelei. AfriForum se Paarl-tak is daartoe verbind om die gemeenskap te bemagtig om hulself en hul gesinne te verdedig sou dit nodig wees. Hierdie werksessies help ook om individue se algehele paraatheid te verskerp en dra by tot AfriForum se verbintenis om veilige omgewings te bevorder.

Nóg selfverdedigingswerksessies word vir die toekoms beplan. Gemeenskapslede wat hierby betrokke wil raak kan ’n e-pos aan paarl@afriforumtak.co.za stuur of www.wordlid.co.za besoek om meer oor AfriForum se Paarl-tak en die Paarl Noord-buurtwag te wete te kom.

Soortgelyke plasings