|

OnsDorpOnsVeiligheid: AfriForum bring lig vir Worcester-gemeenskap

AfriForum se Worcester-tak het ’n beduidende bydrae tot gemeenskapsveiligheid gelewer deur vyf sonkragligte aan die Toevlug-rehabilitasiesentrum te skenk en te installeer. Hierdie inisiatief is deel van die organisasie se nasionale #OnsDorpOnsVeiligheid-projek, wat daarop gemik is om plaaslike omgewings oor die land heen te verbeter.

Die Toevlug-rehabilitasiesentrum word deur verskeie inbrake geteister. Die nuwe sonkragligte sal sigbaarheid en sekuriteit op die perseel verbeter en ’n veiliger atmosfeer vir personeel en inwoners skep.

“Ons glo dat hierdie poging nie net kriminele aktiwiteite sal afskrik nie, maar ook ’n gevoel van veiligheid en die gemeenskap se welstand sal bevorder. Sulke inisiatiewe beklemtoon die belangrikheid van plaaslike organisasies om sosiale kwessies hok te slaan, wat wys dat gemeenskapsbetrokkenheid tot positiewe verandering kan lei. Met hierdie projek bevestig AfriForum sy verbintenis om ’n veilige omgewing vir almal in die gemeenskap te verseker,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Worcester-tak betrokke te raak en aktief te wees in hul gemeenskap: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings