|

#OnsDorp: Rustenburg-tak vul slaggate

AfriForum se Rustenburg-tak het die afgelope twee naweke meer as 4 ton teer gebruik om slaggate in dié stad as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog te herstel. AfriForum-taklede en vrywilligers van Rustenburg het slaggate in Marais- en Thabo Mbekistraat opgevul. Die Rustenburg-tak het vanjaar al meer as 16 ton teer aangekoop om slaggate te vul.

“Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons wil inwoners en skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico

“Die tak sal soortgelyke volhoubare selfdoenprojekte aanpak. As ons as ’n gemeenskap saamwerk om probleme uit die weg te ruim, kan ons nog baie sukses behaal,” sê Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum se Rustenburg-tak.

AfriForum doen ’n beroep op die Rustenburg-inwoners om by hul plaaslike tak in te skakel en sodoende ’n wesenlike verskil in die gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings