Noodfonds Wes-Kaapse waterkrisis

06/02/2018

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Die Stad Kaapstad voorspel dat munisipale water binne enkele maande kan opdroog en daar word daarna verwys as Dag Sero. Dié dag is ’n werklikheid indien waterbesparing nie plaasvind of goeie reënval binnekort ontvang word nie.

AfriForum is tans besig om ’n strategie te ontwikkel om Wes-Kaapse gemeenskappe by te staan en sodoende ’n moontlike waterkrisis te vermy. Die eerste gedeelte van die strategie behels om so veel as moontlik water te bespaar. Die organisasie het waterbesparingswenke onder die publiek versprei sodat daar kennis gedra word van die noodsituasie.

Die tweede gedeelte van die strategie omvat die vestiging van waterpunte regoor die Moederstad. Die koste van só ’n grootskaalse watervoorsieningstrategie is egter enorm. Daarom doen AfriForum ’n beroep op sowel jou as individu as sakeondernemings om ’n bydrae tot die noodfonds te lewer.

Die noodfonds sal derhalwe aangewend word vir onder meer die oprigting van opgaardamme en -tenks, asook om die logistieke kostes verbonde aan die waterverspreiding te dek.

Jy kan ’n verskil maak:

Maak ’n direkte skenking in ons bankrekening:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: KAAPSTAD

06/02/2018

Noodfonds Wes-Kaapse waterkrisis

Die Stad Kaapstad voorspel dat munisipale water binne enkele maande kan opdroog en daar word daarna verwys as Dag Sero. Dié dag is ’n werklikheid indien waterbesparing nie plaasvind of goeie reënval binnekort ontvang word nie. AfriForum is tans besig om ’n strategie te ontwikkel om Wes-Kaapse gemeenskappe by te… [Lees meer]

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Die Stad Kaapstad voorspel dat munisipale water binne enkele maande kan opdroog en daar word daarna verwys as Dag Sero. Dié dag is ’n werklikheid indien waterbesparing nie plaasvind of goeie reënval binnekort ontvang word nie.

AfriForum is tans besig om ’n strategie te ontwikkel om Wes-Kaapse gemeenskappe by te staan en sodoende ’n moontlike waterkrisis te vermy. Die eerste gedeelte van die strategie behels om so veel as moontlik water te bespaar. Die organisasie het waterbesparingswenke onder die publiek versprei sodat daar kennis gedra word van die noodsituasie.

Die tweede gedeelte van die strategie omvat die vestiging van waterpunte regoor die Moederstad. Die koste van só ’n grootskaalse watervoorsieningstrategie is egter enorm. Daarom doen AfriForum ’n beroep op sowel jou as individu as sakeondernemings om ’n bydrae tot die noodfonds te lewer.

Die noodfonds sal derhalwe aangewend word vir onder meer die oprigting van opgaardamme en -tenks, asook om die logistieke kostes verbonde aan die waterverspreiding te dek.

Jy kan ’n verskil maak:

Maak ’n direkte skenking in ons bankrekening:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: KAAPSTAD

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*