Naboomspruit-buurtwag arresteer twee verdagtes
AfriForum se Naboomspruit-buurtwag het op 18 Oktober twee persone gearresteer wat ’n motorvoertuig gesteel het.
Dié buurtwag het inligting ontvang dat daar ’n gesteelde motorvoertuig in die Naboomspruit informele nedersetting is. Die buurtwag in samewerking met Reflex Seecure , Naboomspruit Rural Safety, Naboomspruit CI en die Limpopo-hoofwegpatrollie het dié inligting opgevolg en daarop gereageer.
Die gesteelde voertuig is opgespoor en twee arrestasies is gemaak. ’n Ongelisensieerde vuurwapen is ook in die voertuig gevind.
“Die veiligheid van ons, ons bejaardes en ons kinders hang van ons af. Ons moedig almal aan om by hulle dorp se onderskeie AfriForum-takke en -buurtwagte betrokke te raak om sodoende te help om ’n verskil te maak en seker te maak dat ons stadig maar seker elke dorp teen kriminele aktiwiteite beveilig,” sê Louw Pretorius, leier van die Naboomspruit-buurtwag.
Om by AfriForum se Naboomspruit-buurtwag aan te sluit, laai die Telegram-boodskap-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot).