|

#MyWoonbuurt : Centurion-tak en huiseienaarsvereniging werk saam aan skoner omgewing

Die AfriForum-tak in Centurion se buurtspan het saam met die Kloofsig Huiseienaarsvereniging om ’n knelpunt in die area te ontbos en skoon te maak. Ongeveer 3 600 m2 is skoongemaak.

Die buurtspan het gras gesny en bome gesnoei. Die AfriForum-buurtspan se vermoë spaar die gemeenskap sowat R30 000 om die tuinvullis weg te ry.

“Hierdie is nie die laaste projek wat hierdie gemeenskap saam gaan aanpak nie. AfriForum se Centurion-tak sal saam met die gemeenskap staan om ’n verskil te maak en sodoende die gemeenskap te versterk,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Suid.

Volgens Ungerer gaan hierdie area die afgelope tyd gebuk onder misdadige aktiwiteite en dat die gemeenskap aksies soos hierdie aanpak om hulle veiligheid op te skerp. “Hierdie skoonmaakprojek is ’n beginpunt om te verseker dat kwaaddoeners nie wegkruipplek het nie.”

Raak by die Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou omgewing te maak. Besoek www.wordlid.co.za en kies “Centurion” as jou tak.

Soortgelyke plasings