|

Middelburg-tak verfraai aftreeoord wat hy ook beveilig

Nadat AfriForum se Middelburg-tak die afgelope jaar alles in die stryd gewerp het om die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) Middelburg Tehuis, Behuising & Oewersig Aftreeoord se  Rivierpark-woonstelle teen misdadigers te beveilig, het dié tak onlangs besluit om ook die oord met bome te verfraai. Die Middelburg-tak het tydens boomplantmaand altesaam tien bome by die Rivierpark-woonstelle geplant.

Hierdie aanplanting vorm deel van AfriForum se jaarlikse boomplantprojek, waar elke AfriForum-tak in die land poog om Suid-Afrika se natuurskoon te bevorder deur inheemse bome in dorpe te plant. Bome speel ’n groot rol in die alledaagse lewe en help ook om die omgewing waarin dit geplant word, te verfraai. Dit vorm boonop deel van die land se erfenis en in die toekoms sal talle nageslagte daarby baat vind.

“AfriForum se Middelburg-tak beywer hom vir hierdie gemeenskap en poog om met elke projek iets aan die inwoners terug te gee. Elk van hierdie bome gaan soveel genot bring vir die inwoners wat onderneem het om na dit om te sien, daarom beplan die tak om nóg bome in die gebied te plant,” sê Mark Salzwedel, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Besoek www.wordlid.co.za om vandag nog by AfriForum se Middelburg-tak betrokke te raak en ’n daadwerklik verskil in die gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings