|

Middelburg-buurtwag ontvang nuwe tweerigtingradio’s

AfriForum se Middelburg-buurtwag het op 12 Augustus nuwe tweerigtingradio’s ontvang wat ingespan sal word vir veiligheidsoperasies buite die bestaande Middelburg-buurtwag-herhaler se opvangsgebied. Met die toename in ysterpenlokvalle en kapings op die hoofweë het die buurtwag dit op hulself geneem om die gedeeltes van die N4-hoofweg om Middelburg te patrolleer om motoriste veilig te hou.

Die buurtwag het aanvanklik gesukkel met dié reuse-taak aangesien die area baie wyd is en hul opvangs nie goed was nie, veral as die buurtwag verder as 30 km buite Middelburg werk. Die nuwe radio’s stel die buurtwag in staat om enige plek te werk sonder om met kommunikasie te sukkel.

Hierdie nuwe radio’s is aanvullend tot die buurtwag se alreeds indrukwekkende lys van toerusting wat onder meer glimbaadjies, lyfpantser en selfs ’n hommeltuig met nagsigvermoë insluit. Die buurtwag beskik ook oor ’n opgeleide traumavrywilliger wat slagoffers van geweldsmisdaad help.

“Ons is hier om na ons gemeenskap om te sien en sal nie huiwer om alles binne ons vermoë te doen om suksesvol in dié missie te wees nie,” sê Mark Salzwedel, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak en die leier AfriForum se Middelburg-buurtwag.

Inwoners word versoek om AfriForum in Middelburg te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings