Merafong Plaaslike Munisipaliteit skuld Rand Water R1 011 020 113.04!
Rand Water dreig nou om waterdruk met 20% te verlaag nadat die munisipaliteit nie behoorlike terugbetalingsooreenkomste met Rand Water wou sluit nie.
Die munisipaliteit se swak bestuur en onbereidwilligheid om skuld te betaal gaan veroorsaak dat die krane in jou huis sonder water is!
AfriForum het reeds ’n brief aan die munisipaliteit gestuur om hulle aan te maan om in samewerking met Cogta ’n behoorlike betalingsooreenkoms met Rand Water te sluit.
Teken die petisie om saam met AfriForum druk op die munisipaliteit te plaas om hul skuld aan Rand Water af te betaal.
"*" indicates required fields