Lesufi trek sluipmoord-bewerings teen AfriForum terug; sê hy is spyt oor sy uitlatings
Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het sy bewerings dat AfriForum probeer het om ’n sluipmoord op hom uit te voer en sy kinders agtervolg het, amptelik teruggetrek. Lesufi het dié bewerings op 24 November 2019 tydens ’n mediakonferensie in Johannesburg gemaak. Lesufi het ook amptelik sy spyt teenoor AfriForum uitgespreek dat hy dié valse bewerings gemaak het.
Lesufi se ommeswaai oor sy gewraakte uitlatings teen AfriForum is vervat in ’n gesamentlike mediaverklaring wat deur sowel Lesufi as AfriForum op hul onderkeie mediaplatforms uitgereik is. Die gesamentlike verklaring vloei voort uit ’n mediasiegesprek tussen die partye oor Lesufi se bewerings teen AfriForum. Die mediasiegesprek is gehou nadat AfriForum se regspan ’n lasteraksie teen Lesufi van stapel gestuur het.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê in reaksie op Lesufi se ommeswaai dat Lesufi se spyt oor die uitlatings en die feit dat hy nou sy bewerings amptelik terugtrek, bevestig dat die bewerings teen AfriForum niks anders as blatante leuens was nie.
Volgens Kriel het Lesufi met die amptelike terugtrek van sy bewerings aan AfriForum se eise voldoen. Daar is dus geen rede meer om met die lasteraksie teen Lesufi voort te gaan nie. “Die belastingbetalers se geld sou ongelukkig vir Lesufi se regskostes in die lasteraksie gebruik word. Maar omdat R431 miljoen se belastingbetalergeld reeds deur Lesufi se departement met die skoolsaniteringsfiasko geplunder is, wil AfriForum verhoed dat nóg belastingbetalersgeld op Lesufi se regskostes vermors word,” sê Kriel.
Die gesamentlike verklaring lees soos volg:
Joint Statement by Mr Panyaza Lesufi and AfriForum – 24 Octber 2021
In current times, there is an obligation on all parties to mend fences rather than break them and to take all actions that will promote dialogue and minimize the opportunity for confrontation and polarization.
The Member of the Executive Committee, Mr Panyaza Lesufi (“MEC”) regrets that he had made utterances on 24 November 2019 that gave the impression that AfriForum had attempted to assassinate him and had been stalking his children. In consequence, the MEC retracts those utterances.
The MEC states that he is under regular attack from various sources and that his utterances should be viewed against such background.
The MEC accepts that his utterances regarding AfriForum have caused a rift between the parties. However, the parties hereby commit to constructive engagement in an attempt to prevent a repeat of such a situation and to address any issues which may arise in the future. The parties have their differences however they have met in the past and have debated issues and are committed to doing so in the future.
End of joint statement