| | |

Kimberley-tak skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Kimberley het skolehulppakkette aan verskeie skole in dié dorp verskaf as deel van die #afriforumstaansaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Die skole wat hulppakkette ontvang het is Laerskool Eureka, Elizabeth Conradie Skool vir Liggaamlike Gestremdes, St Patrick’s CBC, Hoërskool Diamantveld, Chara Learning Academy, Snap Academy, Soar Academy en Laerskool Staats.

Die skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

“Skole is plekke waar ouers gemaklik moet voel om hul kinders te los sodat hulle onderrig kan ontvang. Die tak hoop dat dié pakkette die ouers en kinders gerus sal stel om weer veilig terug te keer skool toe,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke en maak ʼn verskil in jou gemeenskap. SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings