|

Kakamas-tak help met padveiligheid en plant bome

Die AfriForum-tak in Kakamas het die afgelope maand stoptekens en toegeetekens in die dorp opgerig, asook spoedhobbels en voetoorgange oorgeverf en bome geplant.

Die nuwe stopteken is in Hoffmeyerweg in die grond vas gesement. Sementkegels is om die teken gepak om te verhoed dat swaar voertuie dit omry. Die voetoorgange en spoedhobbels in Voortrekkerstraat voor Hoërskool Martin Oosthuizen en by Laerskool Kakamas in Hoofstraat is oorgeverf. Die bome in Hoofstraat is ook gesnoei om sigbaarheid vir aankomende voertuie te verbeter.

Verder is daar ses witkareebome by die ingang van Kakamas in Ons Tuin geplant.

“Dit is baie belangrik om hierdie tipe projekte en aksies in Kakamas te doen want die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit vaal die gemeenskap deur nie hul werk te doen nie. Die munisipaliteit is al lankal bankrot. Die gemeenskap is keelvol om die munisipaliteit vir hulp te smeek, daarom het die AfriForum-tak in Kakamas die dorp in eie hande geneem om ’n verskil te maak,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

AfriForum het al telkemale via skrywes aan die munisipaliteit hulp aangebied om saam te werk maar ontvang geen terugvoer nie.

Soortgelyke plasings