|

Kaapstad-Noord-tak reorganiseer takbestuur

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 18 Julie gedurende ’n takvergadering sy takbestuur geherorganiseer.

Die bestuur bestaan nou uit CJ Scholtz (voorsitter), Bernard Pieters (ondervoorsitter), Jolandi Scholtz (sekretaris), Erik Smit (tesourier), Yolanda Fritz (plaaslikeregeringsake), Eben Nel (omgewingsake), Ruan Muller (jeug) en Johan Fritz (veiligheid).

“AfriForum as selfdoen-organisasie speel ’n groot rol om gemeenskappe te help om volhoubaar, vry, veilig en voorspoedig te kan voorbestaan,” sê Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Weskus.

“AfriForum dryf gemeenskapsfederalisme in die Wes-Kaap waar gemeenskappe beheer neem van hul eie omgewing. Hierdie tak toon sterk groei en maak ’n groot impak op verskeie vlakke. Hoewel hierdie groei aan meer as een rede toegeskryf kan word, is ons daarvan oortuig dat dié gemeenskap ons ondersteun juis omdat ons na gemeenskapfederalisme strewe – selfdoen en selfbestuur,” sluit Crous af.

“Ons is gereed om ons deel vir ons gemeenskap te doen en verder te bou aan dit wat reeds vermag is. Ons sal binnekort vergader en bespreek hoe elke portefeulje die res van die jaar gaan funksioneer,” sê CJ Scholtz, AfriForum se nuutverkose voorsitter van die Kaapstad-Noord-tak.

Dié tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. Kontak CJ Scholtz by 083 625 8109.

Soortgelyke plasings