|

Kaap Agulhas-tak skep groener toekoms in L’Agulhas

Die AfriForum-tak in Kaap Agulhas het op 2 Oktober ’n skenking van 10 melkhoutbome (Sideroxylon inerme) aan die Zoetendal Akademie in L’Agulhas oorhandig om die bome te plant en daarna om te sien.

Die projek vorm deel van AfriForum se jaarlikse boomplantmaand, waartydens die organisasie poog om 1 000 bome in September te plant. Die melkhoutbome is goed aangepas in die unieke klimaat en omgewing van Struisbaai.

Die bome is metafories aan die AfriForum-tak se doel om aan die gemeenskap se toekoms en ’n nalatenskap vir die volgende generasie te bou. Die tak fokus nie net op die hede nie maar ook op die toekoms in geheel. “Ons dink nie net aan onsself nie, maar ook aan die volgende geslag. Ons plant bome sodat ons kinders die skadu daarvan kan geniet,” sê Johan Schoombee, AfriForum se beampte vir omgewingsake van die Kaap Agulhas-tak.

Hierdie is maar net een van ’n reeks suksesvolle projekte wat die Kaap Agulhas-tak sedert hul reorganisering in Maart vanjaar aangepak en afgehandel het. Raak vandag nog betrokke en help hulle om nóg meer te doen: Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of bel hom by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings