Hou die gemeenskap uit die EFF se hande!

Die nuwe burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, het ’n amptelike uitnodiging aan AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, gerig en versoek dat ’n konstruktiewe gesprek oor AfriForum se samewerkingsooreenkoms met die metro, wat in Maart vanjaar aangegaan is, gevoer word. AfriForum is bereid en gereed om met die metro in gesprek te tree en die ooreenkoms te bespreek.

Vandat die MOU tussen AfriForum en die Tshwane-metro onderteken is, het die munisipaliteit R1 077 704 in operasionele kostes gespaar.
AfriForum se #Selfdoen-aksie in Pretoria vanaf Julie 2024 het die volgende gedoen:

  • 15,14 hektaar se gras is gesny;
  • 600 liter verf vir die verf van o.a. verkeersligte, padsirkels en spoedhobbels is gebruik;
  • 8,3 ton teer is gebruik om slaggate te vul;
  • 57 straatligte is reggemaak; en
  • 3 511 sakke en 18 800 kg vullis is verwyder.

AfriForum se projekte is gemeenskapsgedrewe en is daarop gefokus om die gemeenskap te betrek om self ook aktief ’n bydrae te maak tot die verbetering, opknapping of herstel van infrastruktuur en terreine in die gemeenskappe waar hulle woon. Ons sal voortgaan om daar waar aktiewe AfriForum-gemeenskappe bestaan, te dien en toe te sien dat dienslewering geskied in gevalle waar die munisipaliteit dit nie kán of wíl doen nie

AfriForum sal ongeag die uitkoms van hierdie gesprekke of selfs indien die ooreenkoms gekanselleer sou word, steeds sal voortgaan om gemeenskapsprojekte in dié munisipaliteit aan te pak. Te midde van kritiek oor AfriForum se samewerkingsooreenkoms met die metro, gaan AfriForum se werk in die stad steeds onverpoosd voort.

Hou die gemeenskap uit die EFF se hande!

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings