Hof beslis Schweizer-juffrou mag terugkeer skool toe
“Opgewonde, dankbaar en bly.” Só het ’n oorstelpte Elana Barkhuizen van die Laerskool Schweizer-Reneke vandag buite die arbeidshof in Johannesburg gesê nadat regter Connie Prinsloo bevind het dat Barkhuizen onwettig geskors is.