Water
|

Hiér is die AfriForum-tak in Stellenbosch se nuwe bestuur

AfriForum se Stellenbosch-tak het op 17 Oktober hul algemene jaar vergadering gehou waartydens die takbestuur ook gereorganiseer is. Tommy van Zyl, AfriForum se koördineerder vir Strategie in die Wes-Kaap, het as gasspreker opgetree en met positiewe woorde weer die vlam van selfdoen aangeblaas.

Karin Hanekom, voorsitter van die Stellenbosch-tak, het agtergrond gegee oor hoe die takstruktuur werk en oorsigtelik gepraat oor die tak se rol in die gemeenskap. Theo Turner, die buurtwagleier, het terugvoer gegee oor die buurtwag, hul suksesse, uitdagings en het ook gespog met hul hommeltuig en die positiewe uitkomste wat al daarmee bereik is, veral in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Bill Hulme, beampte vir plaaslike regering en omgewingsake, het terugvoer gegee oor die belangrike aksie waarmee die tak besig is rakende die riool en die watergehalte van die Eerste- en Veldwachtersriviere. Die tak beplan om die water deur ’n onafhanklike laboratorium te laat toets, nadat hy klagtes van die gemeenskap oor dié riviere se vuil water ontvang het.

AfriForum se Stellenbosch-tak pak groot uitdagings aan en het werklik ’n positiewe impak op hul gemeenskap.

Die res van die nuwe bestuur is Ann Ligman (ondervoorsitter), Antoinette Tigar (sekretaris), Abraham Smit (tesourier), Lezane Ferreira (jeugbeampte) en Marinus Louw (projekte en werwing).

“Ons wil graag lede van die gemeenskap aangemoedig om by AfriForum se Stellenbosch-tak betrokke te raak en hulle te ondersteun om hierdie belangrike projekte te kan dryf,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Soortgelyke plasings