|

Hessekwa-tak dra bejaardes se higiëne op die hart

Die AfriForum-tak in Hessekwa is besorgd oor die bejaardes in die omgewing en het daarom op 4 Augustus ’n ruim skenking van toiletware aan Huis Edwin Theron in Albertinia gemaak. Die skenking was deel van ’n gemeenskaplike inisiatief om die tehuis te ondersteun en die inwoners waardig te laat voel.

Van die items wat deel was van hierdie skenking ter waarde van R5 000 was sjampoe, deodorant, seep, tandepasta en toiletpapier.

“Dit is almal se verantwoordelikheid om na ons gemeenskappe om te sien. Dit is belangrik dat die bejaardes die nodige benodigdhede soos seep en sjampoe het om higiënies te kan leef,” sê Nita Wessels van AfriForum se Albertinia-plaaswag. Dié plaaswag het ook ’n bydrae tot die skenking gelewer.

AfriForum se Hessekwa-tak en sy Albertinia-plaaswag het ook verskeie veiligheidsinisiatiewe in die streek. AfriForum se Albertinia-plaaswag het onlangs verskeie suksesvolle operasies saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer, waartydens daar arrestasies gemaak is en boetes ter waarde van R6 000 uitgeskryf is.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-struktuur betrokke. Kontak Erasmus by marthinus.erasmus@afriforum.co.za of 081 216 9602 om by die AfriForum-tak in Hessekwa aan te sluit.

Soortgelyke plasings