Hardloop en fietsry vir hoop
Hardloop en fietsry om hoop saam met Bennie Roux te skep
Datum: 6 November 2021, Voortrekkermonument
Enige tyd tussen 07:00-19:00
Sluitingsdatum: 3 November 2021
Die doel van die #HardloopVirHoop-hardloop en fietsrypretdag is om kilometers af te lê ten bate van AfriForum se Slagofferondersteuningsfonds. Die fonds word aangewend om slagoffers van geweldsmisdaad en plaasaanvalle op die volgende maniere by te staan:
- Ondersteuning op die misdaadtoneel
- Die skoonmaak van die misdaadtoneel
- Ontlonting van moontlike traumatiese ervarings
- Hulp met beëdigde verklarings
- Voorbereiding op en hulp tydens hofverrigtinge
Kom neem deel saam met ons ambassadeur Bennie Roux en sy span, wat gaan draf om fondse vir slagoffers in te samel.
Indien jy meer inligting oor dié eenheid verlang of traumaverwante navrae het, kan jy trauma@antiek.afriforum.co.za e-pos.
Raak as ’n borg betrokke: trauma@afriforum.co.za
Maak ’n skenking deur GivenGain of deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:
Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: Slagofferondersteuningfonds
* Maak ’n skenking en ontvang ’n artikel 18A-sertifikaat by AfriForum. ’n Skenking aan ’n artikel 18A-goedgekeurde organisasie soos AfriForum kan van belasbare inkomste afgetrek word.
Voltooi die volgende inskrywingsvorm om deel te neem aan Hardloop vir Hoop.
Sluit so aan: SMS “#Hoop” na 32349(R1) of voltooi die onderstaande vorm:
2019 se #HardloopVirHoop:
AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid het die #HardloopVirHoop-projek in 2019 van stapel gestuur om fondse en blootstelling vir die slagofferondersteuningsfonds te skep.
Te danke aan skenkings en fantastiese borge is meer as R85 000 vir dié fonds ingesamel, asook R60 000 se borgskappe wat die #HardloopVirHoop in 2019 moontlik gemaak het. Deur bewusmaking op sosiale media het ons net meer as 100 000 mense bereik!
Baie dankie aan elkeen wat by #HardloopVirHoop betrokke was!