|

Forum Nuus: Chaos breek uit na Brendin Horner se beweerde moordverdagtes vlugtig verskyn

https://www.youtube.com/watch?v=iUqXf2iEDHg&feature=youtu.be

Chaos het vandag in Senekal uitgebreek toe die duisende mense wat na dié dorp opgeruk het oor die moord van die jong plaasbestuuder, Brendin Horner (21), nie Seketje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, Horner se moordverdagtes, kon sien nie. Daar was ook opnuut ’n pleidooi aan president Cyril Ramaphosa en die regering gerig om nie net die nodige erkenning aan plaasmoorde te gee nie, maar ook dat daar dringend en drasties daarteen ingegryp moet word.