Federalismekonferensie

Ons nooi jou hartlik uit na AfriForum se 2023-federalismekonferensie. Die aard van die mislukkings van die sentralistiese Suid-Afrikaanse regering op politieke, sosiale en ekonomiese vlak beteken dat ’n alternatief in die vorm van gemeenskapsfederalisme nagestreef moet word. By dié konferensie gaan AfriForum se visie vir ’n gemeenskapsfederale toekoms deeglik deur ’n reeks sprekers uiteengesit word.  Hierby word ook voorleggings oor die praktiese implementering van AfriForum se 7-been gemeenskapsfederale ingesluit.

Die besonderhede vir die geleentheid is:

Datum: 16 Februarie 2023
Tyd: 08:30 – 13:00
Plek: AfriForum Teater
RSVP: Teen 8 Februarie 2023 deur hier te klik

Ons sien daarna uit om jou by die konferensie te verwelkom!

Soortgelyke plasings