Eis jou geld terug van jou munisipaliteit.
Stuur jou dispuut in!
’n Reuseoorwinning in belang van miljoene munisipale kragverbruikers is, volgens die burgerregteorganisasie AfriForum, vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria behaal. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se planne om onregmatige en ongeldige munisipale kragtariefverhogings deur te druk, is in die wiele gery toe sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is.
Munisipale kragtariefverhogings is egter op 1 Julie vanjaar landwyd by 178 gelisensieerde elektrisiteitsverspreiders geïmplementeer, ten spyte daarvan dat slegs 66 verspreiders kostestudies gedoen het. Minstens 112 munisipaliteite hef dus reeds langer as ’n maand lank onregmatige kragtariewe van miljoene verbruikers.
AfriForum sal intussen ’n dringende skrywe aan die Energiereguleerder rig en eis vir ’n plan van aksie rakende die terugbetaling van oorverhaling aan verbruikers. Die organisasie sal ook ’n volledige lys van munisipaliteite wat nog nie kostestudies ingedien het nie, aanvra sodat die implementering van die hofbevel gemonitor kan word.
Wat jy solank kan doen?
Stuur ’n dispuutbrief aan jou munisipale kragvoorsiener. Ons stuur vir jou ’n klaar opgestelde dispuutbrief per e-pos aan; kry die brief per e-pos hier:
"*" indicates required fields