|

Durban-tak se nuwe bestuur wil verskil in gemeenskap maak

Die bestuur wat verantwoordelik is vir AfriForum se Durban-tak het onlangs geherorganiseer en die nuwe bestuur is reeds besig om planne te beraam om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.

Die  nuwe bestuur bestaan uit Donald Brown (voorsitter), Stuart Affleck (ondervoorsitter), Steve Pender (tesourier), Roberto Cameron (sekretaris), Allison Schoeman (plaaslikeregeringsake), en Stuart Affleck (gemeenskapsveiligheid).

“Die bestuur se eerste prioriteit is om sterk strukture en goeie kommunikasieplatforms te skep sodat die tak se hoofportefeuljes, naamlik gemeenskapsveiligheid, plaaslikeregering- en omgewingsake, effektief kan funksioneer,” sê Donald Brown, voorsitter van  AfriForum se Durban-tak. “Ons nooi die gemeenskap uit om saam met ons te werk om ’n werklike verskil in Durban te maak.”

Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal, is veral opgewonde oor die nuwe bestuur. “Suid-Afrikaners sien daagliks hoe plaaslike regerings versuim om hul verpligtinge na te kom en dat gemeenskappe en die privaat sektor self moet inspring om die verval te keer. AfriForum glo nie daarin om terug te sit nie, maar eerder om betrokke te raak om ’n beter toekoms te skep,” sê Van Aswegen.

Besoek www.wordlid.co.za om deel te word van jou naaste AfriForum-tak en sodoende ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings