|

Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie

https://youtu.be/X-ybl4cNgRo

Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.