Diere sterf as gevolg van swak bestuur.

In November 2023 het die Molopo Natuurreservaat groot opslae in die koerante gemaak oor die uiterse swak bestuur van die reservaat deur die staat.

Infrastruktuur word nie opgegradeer of onderhou nie, geen poging word aangewend om alternatiewe oplossings vir die probleme te vind nie. Dit het tot gevolg gehad dat talle diere gesterf het as gevolg van hierdie swak bestuur.

Water in die reservaat het opgedroog en diere is oorgelaat aan hul eie lot. Van die diere het gesterf langs die waterkrippe en gronddamme waar daar eens water was.

Hierdie is alles as gevolg van die staat wat nie verantwoordelikheid wil neem vir reservate wat onder hul bestuur is nie. Dit is skokkend om te sien hoe min daar omgegee word vir hierdie diere en indien hierdie voortgaan sal daar minder en minder oor wees wat ons vir die volgende nageslag kan behou. Sal daar oor 20 jaar steeds gemsbokke en koedoes in reservate gesien kan word? Of word hierdie verantwoordelikheid op die skouers van die landbousektor geplaas om hand in eie sak te steek en die staat, wat befonds word vir die bestuur van hierdie reservate, se werk namens hulle te doen?

Hoe kan jy help:

AfriForum wil graag ’n inligtingspetisie loods en ons wil die publiek hartlik uitnooi om daaraan deel te neem. AfriForum wil graag weet of daar in jou dorp of area ’n reservaat is wat onder staatsbeheer val en waar daar geen kontrole oor die reservaat is nie? Meld dit asseblief aan, indien moontlik dui die probleem ook aan en vat hande met AfriForum om hierdie probleem aan te spreek.

Dit is ons plig om die natuur te bewaar vir die volgende geslag.

"*" indicates required fields

Naam en van*
Drop files here or
Accepted file types: jpg, png, Max. file size: 5 MB, Max. files: 5.
    This field is hidden when viewing the form
    This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    Soortgelyke plasings