|

Delmas Valke-buurtwag veg hard teen misdaad in Junie

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het talle suksesse tydens Junie behaal in hulle voortdurende geveg teen misdaad in Delmas.

Die buurtwag het onder meer arrestasies in twee veediefstalle gemaak – een vir gesteelde hoenders en ’n ander vir beeste wat geslag is. Hoewel twee van die beeste geslag is, is talle diere lewendig teruggevind. Die buurtwag het ook ’n voertuig, wat met een van hierdie gevalle verbind word, by die plaaslike polisiestasie ingeboek.

Die buurtwag het ook gesteelde voertuie teruggevind waar onder ’n Toyota Corolla, Hyundai H100-bakkie en ’n Volvo-vragmotor – verdagtes in hierdie sake is gearresteer. Een van die verdagtes het ook na bewering ’n sekuriteitswag vermoor tydens die vragmotordiefstal.

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag wys weereens dat goeie opleiding en samewerking met verskeie rolspelers die sleutel tot sukses in die geveg teen misdaad is,” sê Carel Botha, voorsitter van die AfriForum-tak in Delmas.

Soortgelyke plasings