COVID-19-taakspan en Cradle of Hope werk saam om kos te versprei
“Ek dink julle het vandag vir hierdie mense hoop gebring. Hier is honderde mense wat nou vanaand met ’n vol maag kan gaan slaap,” sê Melodie van Braken, hoof van Cradle of Hope, ’n liefdadigheidsorganisasie in Krugersdorp wat vandag saam met AfriForum en Saai kragte saamgesnoer het om kospakkies aan behoeftige inwoners uit te deel. Die nood in dié gemeenskap is reusagtig en ongeveer 700 mense het opgedaag om ’n kospakkie te ontvang.