| |

Centurion-tak woeker in September met instandhouding en veiligheid

AfriForum se Centurion-buurtspan het in September talle skoonmaakprojekte aangepak waartydens ’n totaal van ongeveer 37 800 vierkante meter se gras gesny en 5 900 kg se vullis weggooi is.

Die tak het nie net aan die omgewing se netheid aandag geskenk nie, maar ook aan padveiligheid. Die span het 360 m se lyne op die pad geverf om dit meer sigbaar te maak vir motoriste.

Die splinternuwe sekuriteitskamera by die substasie in Clubview het ook reeds vrugte afgewerp deur onwettige storting van vullis op die aangrensende terrein stop te sit. Met behulp van die Tshwane-metropolisie is ’n boete ook opgelê vir ’n onpadwaardige voertuig met geen nommerplaat.

Verder het AfriForum se Centurion-buurtwag 140 patrollies, oftewel 3 832 km, in September gery.

“Hierdie statistiek wys duidelik dat AfriForum se Centurion-buurtspan en -buurtwag besig is met ’n wenresep. Elke projek wat die Centurion-tak begin, is ’n toonbeeld van die organisasie se missie om selfstandigheid te bevorder. Al hoe gemeenskappe daar gaan uitkom, is om hul toekoms in hul eie hande te neem,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Ungerer sluit af deur die gemeenskap aan te moedig om by hierdie soort projekte betrokke te raak. Wanneer gemeenskappe inisiatief neem sal AfriForum daar wees met hulp en ondersteuning. Rol op jou moue en bou saam met AfriForum in Centurion ’n toekoms: Stuur ’n epos na centurion@afriforumtak.co.za of besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings