AfriForum verlang samewerking met Nasionale Polisiekommissaris om plaasmoorde te bekamp
| |

AfriForum verlang samewerking met Nasionale Polisiekommissaris om plaasmoorde te bekamp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Lt. Genl. Khehla John Sitole, Nasionale Polisiekommissaris, vandag versoek om ’n vergadering te belê om strategieë en voorstelle te bespreek om plaasaanvalle en -moorde te bekamp. AfriForum het ook versoek dat die organisasie geken word in besprekings en vergaderings wat die SAPD beplan om saam met ander burgerlike gemeenskapsorganisasie te hou…

Van Zyl-plaasaanval: AfriForum neem deel aan versetstoet in Naboomspruit
| |

Van Zyl-plaasaanval: AfriForum neem deel aan versetstoet in Naboomspruit

AfriForum se veiligheidstrukture het vandag aan die versetstoet teen plaasaanvalle in Naboomspruit deelgeneem, waar drie verdagtes in ’n plaasmoord vandag in die plaaslike landdroshof verskyn het. Alwyn van Zyl (79) is in Maart vanjaar tydens ’n aanval op sy plaas by Badseloop naby Naboomspruit vasgebind en verwurg. Sy vrou, René (66), is aangerand. Die Van…

Dendron-aanval: AfriForum neem deel aan versetstoet
| |

Dendron-aanval: AfriForum neem deel aan versetstoet

AfriForum se veiligheidstrukture was vandag deel van ongeveer 500 voertuie wat aan ’n versetstoet deelgeneem het. Die stoet het bestaan uit verskeie organisasies, landelike veiligheidstrukture en lede van die publiek, wat hul misnoeë te kenne wou gee oor die vlaag plaasaanvalle wat die land teister. ’n Bejaarde egpaar van die Dendron-distrik is op 5 Augustus…

AfriForum versoek parlementêre verhoor oor plaasmoorde
| |

AfriForum versoek parlementêre verhoor oor plaasmoorde

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n formele skrywe aan die parlement gerig om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die skrywe is gerig aan Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, ná ’n skerp toename in plaasaanvalle oor die afgelope twee maande. Volgens Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum,…

Hartswater-aanval: AfriForum-buurtwagte, SAPD en gemeenskapstrukture arresteer plaasmoordverdagtes
| | |

Hartswater-aanval: AfriForum-buurtwagte, SAPD en gemeenskapstrukture arresteer plaasmoordverdagtes

Die burgerregteorganisasie AfriForum is diep bedroef oor die moord op drie mense op ’n plaas buite Hartswater in die Noord-Kaap. Hoewel daar eers gister (27 Julie) op die moordtoneel afgekom is, dui alle indikasies daarop dat die aanval reeds Sondag 26 Julie 2020 plaasgevind het en dat die drie slagoffers ontvoer is of, in die ergste geval, hul…

Plaasaanvallers gevonnis vir moord op Engelbrecht-egpaar
| |

Plaasaanvallers gevonnis vir moord op Engelbrecht-egpaar

AfriForum en die organisasie se Trauma-ondersteuningseenheid verwelkom die vonnis wat regter David Makoba twee plaasaanvallers vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof opgelê het. Die twee beskuldigdes, Julius Mapayi Goncalves en Jossias Nhalungo, albei van Mosambiek, is elk twee lewenslange vonnisse en 25 jaar opgelê vir die moord op Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74), asook vir…

AfriForum kondig verskerpte veldtog teen plaasmoorde aan; eis ingryping deur Ramaphosa
| |

AfriForum kondig verskerpte veldtog teen plaasmoorde aan; eis ingryping deur Ramaphosa

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde van stapel gestuur en ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die President se ingryping geëis word. Tien praktiese stappe wat die regering behoort te doen om plaasmoorde doeltreffend te bekamp, word ook in dié brief uiteengesit. Om die veldtog af te skop,…

Heunis-plaasaanval: Verdagte word skuldig bevind
| |

Heunis-plaasaanval: Verdagte word skuldig bevind

AfriForum verwelkom die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria se besluit op 24 Maart 2020 om Justice Sethlangu skuldig te bevind op die moord van Johan Heunis, die vermoorde man van Mariandra Heunis. AfriForum se Traumaondersteuningseenheid staan Mariandra en haar gesin sedert 2017 by. Sethlangu het Johan op 1 Oktober 2016 op die Heunisse se kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing herhaaldelik –…

AfriForum en Saai: SA het ’n plaasaanvalepidemie; boere egter meer weerbaar
| |

AfriForum en Saai: SA het ’n plaasaanvalepidemie; boere egter meer weerbaar

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboerorganisasie Saai het vandag tydens ’n mediakonferensie AfriForum se 2019-statistieke oor plaasaanvalle en ‑moorde bekendgestel en bespreek. Vanuit die data wat AfriForum oor dié kwessie ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, maar die hoeveelheid plaasmoorde het ’n aansienlike laer toename gehad…

AfriForum ondersteun familie by hof ná plaasaanval
| |

AfriForum ondersteun familie by hof ná plaasaanval

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het Fanie en Colleen Engelbrecht se familie verlede week by die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand ondersteun nadat dié egpaar tydens ’n plaasaanval in 2018 wreed vermoor is. Julius Mapayi Goncalves (24) en Jossias Nhalungo (36), albei van Mosambiek, is deur regter David Makoba skuldig bevind aan moord, roof en die besit…

End of content

End of content