Brutale plaasmoorde dwing gemeenskappe om te mobiliseer terwyl regering ander pad kyk
| |

Brutale plaasmoorde dwing gemeenskappe om te mobiliseer terwyl regering ander pad kyk

Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n dringende beroep op boere en landelike inwoners om hul veiligheid en paraatheid op te skerp. Volgens dié organisasie was daar die afgelope week minstens sewe plaasmoorde landswyd. Die afgelope naweek alleen is daar vier mense vermoor in twee aparte voorvalle. In beide insidente is bejaardes geteiken. Hennie en Anneke Claassen…

77 plaasaanvalle in die eerste 90 dae van 2023
| |

77 plaasaanvalle in die eerste 90 dae van 2023

AfriForum se plaasmoordverslag vir die eerste kwartaal van 2023 toon dat minstens 77 plaasaanvalle, waartydens nege moorde gepleeg is, in Januarie tot Maart vanjaar plaasgevind het. Dié verslag is vandag bekendgestel en fokus op plaasaanvalle wat vir die eerste kwartaal van 2023 geverifieer kon word. Volgens AfriForum is dié syfer kommerwekkend, en indien dit vergelyk…

Plaasaanvalle steeds hoog, arrestasies en vertroue in polisie laag
| |

Plaasaanvalle steeds hoog, arrestasies en vertroue in polisie laag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Dié verslag vergelyk ook die aantal plaasmoorde met die aantal verdagtes wat aangekeer word. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat daar net 33% van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en…

AfriForum ondersteun familie van Brand-gesin tydens hofsaak
| |

AfriForum ondersteun familie van Brand-gesin tydens hofsaak

AfriForum se traumaeenheid het die afgelope week ondersteuning gebied aan die familie van Dan, Breggie en Elzabie Brand tydens die verhoor wat hierdie week in Kimberley begin het. Die Brand-gesin is in 2020 tydens ’n gruwelike plaasaanval in Hartswater vermoor. Die Brand-gesin se liggame is in die omgewing van Taung in die Noordwes gevind nadat…

364 plaasmoorde in ses jaar, slegs 33% gearresteerdes skuldig bevind
| |

364 plaasmoorde in ses jaar, slegs 33% gearresteerdes skuldig bevind

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende verslag oor plaasaanvalle en plaasmoorde tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Die verslag verskaf ’n oorsig oor die kenmerke van plaasmoorde oor die afgelope ses jaar (van 2016 tot 2021). Gedurende dié tydperk is 364 plaasmoorde geverifieer. In sy verslag beklemtoon AfriForum die swak arrestasie- en skuldigbevindingskoers van oortreders wat…

PLAASMOORDE NEEM WEEREENS TOE
| |

PLAASMOORDE NEEM WEEREENS TOE

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy jongste statistieke rakende plaasaanvalle vandag bekendgestel. Sedert April verlede jaar was daar 395 plaasaanvalle landwyd. Hoewel daar ’n afname was in die aantal plaasaanvalle in die 2020/2021 finansiële jaar in vergelyking met die vorige finansiële jaar, was daar ’n toename in plaasmoorde. Daar is die afgelope jaar 59 mense op…

AfriForum stel plaasaanval-en-moordstatistieke vir 2020 bekend
| |

AfriForum stel plaasaanval-en-moordstatistieke vir 2020 bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. “AfriForum se navorsing toon dat 63 plaasmoorde in 2020 gepleeg is, teenoor 45 plaasmoorde…

GEREGTELIKE DOODSONDERSOEK NA DEEDAT-GESIN SE VLAMMEDOOD AMPER AFGEHANDEL
| |

GEREGTELIKE DOODSONDERSOEK NA DEEDAT-GESIN SE VLAMMEDOOD AMPER AFGEHANDEL

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het op 15 en 16 Februarie 2021 nog ’n branddeskundige oor die vlammedood van Suraya Deedat en haar vier kinders in 2011 in die Johannesburgse Landdroshof onder kruisverhoor geplaas. Dié deskundige getuie is aangestel deur die regspan van die persoon van belang in die geregtelike doodsondersoek (GDO),…

AFRIFORUM BRING DIE EFFEK VAN PLAASMOORDE OP MINDERJARIGES ONDER DIE VN SE AANDAG
| |

AFRIFORUM BRING DIE EFFEK VAN PLAASMOORDE OP MINDERJARIGES ONDER DIE VN SE AANDAG

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende brief aan die VN gestuur waarin die verwoestende effek wat plaasmoorde op minderjariges in Suid-Afrika het, bespreek word. Dit volg nadat AfriForum op 4 Februarie 2021 ’n aanlyn inligtingsessie oor kinderjare ná gruwelmisdaad bygewoon het. Die Outreach Programme on the Holocaust en die Civil Society Unit of the…

AFRIFORUM STEL TIEN PRAKTIESE STAPPE TEEN PLAASMOORDE VOOR BY REGERINGWERKSWINKEL OOR LANDELIKE VEILIGHEID
| |

AFRIFORUM STEL TIEN PRAKTIESE STAPPE TEEN PLAASMOORDE VOOR BY REGERINGWERKSWINKEL OOR LANDELIKE VEILIGHEID

AfriForum het tien stappe tydens ’n regeringwerkswinkel oor landelike en stedelike veiligheid voorgestel wat die vlaag van plaasmoorde doeltreffend sal bekamp. Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, het virtueel aan die werkswinkel deelgeneem om AfriForum se perspektief oor en voorgestelde oplossing vir landelike veiligheid en die plaasmoordkwessie oor te dra. AfriForum se…

End of content

End of content