Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom
| | |

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom

AfriForum se Brits-tak het onlangs besluit om twee herhalers aan te skaf om die uitdagings wat deur die topografie van die omgewing veroorsaak word op te los. Die area se bergagtige landskap, koppies, valleie en dig beboste gebiede maak dit moeilik om radioseine doeltreffend te stuur. Kommunikasie speel ’n uiters belangrike rol in die veiligheidsektor…

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande
| | |

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande

AfriForum se Potchefstroom-tak het die dorp in Julie behoorlik onder hande geneem. Op Vrydag 28 Julie het Piet Theron, die tak se omgewingsbeampte, en ’n span helpers die rietbosse in die Trimpark by Buskuslaan getakel. Die span het bestaan uit lede van Green Thorn Environmental Solutions, Green Living Spaces en inwoners van Huis Hebron. Behalwe…

Strand-tak en Strand Patrol-buurtwag skenk tonne troeteldierkos
| | |

Strand-tak en Strand Patrol-buurtwag skenk tonne troeteldierkos

AfriForum se Strand-tak en die Strand Patrol-buurtwag het op 14 Julie ongeveer 1 900 kg troeteldierkos ingesamel en aan die Animal Welfare Society (AWS)en PetPals in die Strand geskenk. Hierdie besluit is geneem aangesien organisasies soos dié se uitdagings nooit stop wanneer dit by die versorging van diere kom nie. Verskeie skenkings van troeteldierkos en kontantdonasies van…

Piet Retief-tak samel klere in vir behoeftiges
| | |

Piet Retief-tak samel klere in vir behoeftiges

Die jeuglede van AfriForum se Piet Retief-tak het tydens Junie ’n suksesvolle projek gedryf waartydens klere vir behoeftiges ingesamel is. ’n Bakkievrag vol klere is aan die Lighuis-gemeente geskenk om aan behoeftige gesinne in die dorp uit te deel. Verder het die Piet Retief-buurtwag ook sy maandelikse inisiatief voortgesit waartydens hierdie buurtwag sigbaarheid in die…

Vryheid-tak installeer gevorderde kamerastelsel
| | |

Vryheid-tak installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Vryheid het vyf gevorderde Sniper-kameras op strategiese plekke in hierdie KwaZulu-Natalse dorp opgerig. Dit vorm deel van die Vryheid-tak se strategie om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp. “Ons het besluit om van die Sniper-kamerastelsel gebruik te maak, aangesien dit alreeds in groter dele van…

’n Besige langnaweek agter die rug vir AfriForum se Wes-Moot-strukture
| | |

’n Besige langnaweek agter die rug vir AfriForum se Wes-Moot-strukture

AfriForum se Wes-Moot-tak op 1 Mei in samewerking met Proshield Sekuriteit ’n gesteelde voertuig voorgekeer. Dit volg nadat hierdie spesifieke voertuig ’n paar keer op die tak se LPR-kameras vasgevang is, asook danksy inligting wat van die publiek ontvang is. Alle inligting is verwerk en met Proshield gedeel wat die voertuig eindelik in die parkeerterrein…

Mpumalanga-buurtwagte hou wakende oog tydens #NationalShutdown
| | |

Mpumalanga-buurtwagte hou wakende oog tydens #NationalShutdown

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het reeds vanaf Sondag 19 Maart sigbaarheidsaksies van stapel gestuur in aanloop tot die EFF se #NationalShutdown. Die aksies het ingesluit die verwydering van bande en die oprigting van observasieposte, asook hommeltuig- en voertuigpatrollies. Verskeie buurtwagte van AfriForum het onder meer saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en…

Christiana-tak ondersteun gemeenskap tydens verwoestende vloede
| | |

Christiana-tak ondersteun gemeenskap tydens verwoestende vloede

AfriForum se Christiana-tak en -buurtwag het gedurende die vloed wat die dorp in Februarie getref het die gemeenskap ondersteun deur mense wat vasgekeer was te ontruim en patrollies te verhoog om steeds misdaad te bekamp. Verskeie borde is ook opgerig om aan te dui dat die pad ontoeganklik vir motoriste is. Die tak het skenkings…

Wes-Moot-tak se LPR-kameras lei tot arrestasie
| | |

Wes-Moot-tak se LPR-kameras lei tot arrestasie

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 8 Februarie LPR-kameras, wat van kunsmatige intelligensie gebruikmaak om nommerplate te ontleed, aan verskeie databasisse gekoppel. Binne die eerste uur nadat die kameras aktief was, is vier verdagte voertuie positiewe geïdentifiseer en ’n arrestasie is gemaak. Op 9 Februarie is daar nog twee verdagte voertuie positief nagespoor en die inligting…

End of content

End of content