Kaapstad-Noord-buurtwag trek twee inbrekers vas
| |

Kaapstad-Noord-buurtwag trek twee inbrekers vas

AfriForum se Kaapstad-Noord-buurtwag het op 8 Augustus twee inbrekers vasgetrek en aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig vir arrestasie. Yolanda Fritz, ’n buurtwaglid, het in die vroeë oggendure ’n oproep van ’n inwoner in Meathstraat ontvang oor ’n inbraak. Fritz het die buurtwag van die insident in kennis gestel en die SAPD gekontak. ’n Saak…

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom
| | |

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom

AfriForum se Brits-tak het onlangs besluit om twee herhalers aan te skaf om die uitdagings wat deur die topografie van die omgewing veroorsaak word op te los. Die area se bergagtige landskap, koppies, valleie en dig beboste gebiede maak dit moeilik om radioseine doeltreffend te stuur. Kommunikasie speel ’n uiters belangrike rol in die veiligheidsektor…

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande
| | |

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande

AfriForum se Potchefstroom-tak het die dorp in Julie behoorlik onder hande geneem. Op Vrydag 28 Julie het Piet Theron, die tak se omgewingsbeampte, en ’n span helpers die rietbosse in die Trimpark by Buskuslaan getakel. Die span het bestaan uit lede van Green Thorn Environmental Solutions, Green Living Spaces en inwoners van Huis Hebron. Behalwe…

AfriForum stig Klein-Karoo-plaaswag
| |

AfriForum stig Klein-Karoo-plaaswag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 28 Julie ’n plaaswag in die Ladismith-area gestig. Dié plaaswag is deel van AfriForum se Kannaland-tak en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander plaaslike veiligheidsinstansies te beveilig. Die nuutverkose bestuur vir dié tak is Dries Erasmus (leier), George Reynolds (operasionele spanleier),…

AfriForum se buurt- en plaaswagte simuleer plaasaanval en gyselaarbevryding
| |

AfriForum se buurt- en plaaswagte simuleer plaasaanval en gyselaarbevryding

AfriForum se Herald-plaaswag het op 21 Julie ’n simulasie van ’n plaasaanval en gyselaarbevryding aangebied. Die oefening was praktiese opleiding vir plaas- en buurtwagte sodat hulle tydens ’n plaasaanval doeltreffend, georganiseerd en gedissiplineerd kan reageer. Die operasie het bestaan uit die taktiese ontruiming van ʼn huis deur die volgende protospanne: Waboomskraal, Zebra en Herald. Ten…

Walker Drive-buurtwag vul nóg slaggate op
| |

Walker Drive-buurtwag vul nóg slaggate op

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 21 Julie ses sakke teer gebruik om twee yslike slaggate op te vul. Dié tak het besluit om op Walkerrylaan te fokus omdat dié pad baie verkeer dra en verskeie motorbande al deur dié slaggate beskadig is. Aangesien slaggate een van die vele uitdagings in Gqeberha is, het die…

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig
| |

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig

Verskeie AfriForum-buurtwagte het op 14 Julie in Groot-Brakrivier saamgekom om hul gemeenskap teen misdaad te beveilig. AfriForum se buurtwagte in Glentana, Groot-Brakrivier en Midbrak het om 16:00 die area in ’n konvooi begin patrolleer. Later het die konvooi in kleiner groepe verdeel om ’n groter grondgebied te dek. Die patrollie het tot 06:00 die volgende…

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
| |

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 die Vrydagaand begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Sowat 201 patrolleerders…

Paarl-Noord-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel
| |

Paarl-Noord-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se Paarl-Noord-buurtwag het op 14 en 15 Julie aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Patrollies soos dié, waartydens buurtwaglede bymekaarkom, se doel is om sigbaarheid in die area te verseker en om die oë en ore van die polisie te wees. Die massapatrollie het om 16:30 die Vrydagmiddag begin en tot 06:15 die volgende…

AfriForum se veiligheidstrukture van die Wes- en Oos-Kaap hou massapatrollie
| |

AfriForum se veiligheidstrukture van die Wes- en Oos-Kaap hou massapatrollie

AfriForum se veiligheidstrukture in die Wes- en Oos-Kaap het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), private sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsrolspelers ’n massapatrollie in hul onderskeie areas uitgevoer om sodoende sigbare polisiëring te verhoog. Die aksie het omstreeks 16:00 Vrydagmiddag begin en tot 06:00 Saterdagoggend geduur….

End of content

End of content