Kaapstad-Noord-buurtwag trek twee inbrekers vas
| |

Kaapstad-Noord-buurtwag trek twee inbrekers vas

AfriForum se Kaapstad-Noord-buurtwag het op 8 Augustus twee inbrekers vasgetrek en aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig vir arrestasie. Yolanda Fritz, ’n buurtwaglid, het in die vroeë oggendure ’n oproep van ’n inwoner in Meathstraat ontvang oor ’n inbraak. Fritz het die buurtwag van die insident in kennis gestel en die SAPD gekontak. ’n Saak…

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom
| | |

Brits-tak skaf herhalers aan om kommunikasie-uitdagings te oorkom

AfriForum se Brits-tak het onlangs besluit om twee herhalers aan te skaf om die uitdagings wat deur die topografie van die omgewing veroorsaak word op te los. Die area se bergagtige landskap, koppies, valleie en dig beboste gebiede maak dit moeilik om radioseine doeltreffend te stuur. Kommunikasie speel ’n uiters belangrike rol in die veiligheidsektor…

AfriForum-veiligheidstrukture veg terug teen plaasaanvallers
|

AfriForum-veiligheidstrukture veg terug teen plaasaanvallers

Die AfriForum-buurtwag in Brits, Noordwes, het Dinsdagaand, 8 Augustus, gehelp om vier vermeende plaasaanvallers vas te trek en gesteelde goedere terug te vind. Dié buurtwag het ’n noodoproep via die AfriForum-radionetwerk ontvang oor ’n plaasaanval wat besig was om te gebeur, die plaaslike AfriForum-protospan het gereageer en was eerste op die toneel ná die aanval….

AfriForum maan SAPD om by gewelddadige betogings in te gryp
|

AfriForum maan SAPD om by gewelddadige betogings in te gryp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in reaksie op die eskalerende taxistaking sy regspan opdrag gegee om ’n aanmaningsbrief aan luitenant-generaal Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), te rig en versoek onmiddellike ingryping om wet en orde te herstel. Jacques Broodryk, woordvoerder van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die dringendheid van die situasie beklemtoon….

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande
| | |

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande

AfriForum se Potchefstroom-tak het die dorp in Julie behoorlik onder hande geneem. Op Vrydag 28 Julie het Piet Theron, die tak se omgewingsbeampte, en ’n span helpers die rietbosse in die Trimpark by Buskuslaan getakel. Die span het bestaan uit lede van Green Thorn Environmental Solutions, Green Living Spaces en inwoners van Huis Hebron. Behalwe…

AfriForum bevraagteken polisie se motiewe om drie boere in hegtenis te neem
|

AfriForum bevraagteken polisie se motiewe om drie boere in hegtenis te neem

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n regsverteenwoordiger aangestel om die saak teen drie Vrystaatse boere, waaronder twee boervroue, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in hegtenis geneem is, noukeurig te volg nadat hulle veediewe vasgetrek het wat besig was om hul skape te steel. Luidens berigte het 30 polisiebeamptes in 13 polisievoertuie die eiendom van twee…

AfriForum stig Klein-Karoo-plaaswag
| |

AfriForum stig Klein-Karoo-plaaswag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 28 Julie ’n plaaswag in die Ladismith-area gestig. Dié plaaswag is deel van AfriForum se Kannaland-tak en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander plaaslike veiligheidsinstansies te beveilig. Die nuutverkose bestuur vir dié tak is Dries Erasmus (leier), George Reynolds (operasionele spanleier),…

AfriForum eis duidelikheid oor belastingbetalerskoste en aantal onwettige arrestasies deur SAPD
|

AfriForum eis duidelikheid oor belastingbetalerskoste en aantal onwettige arrestasies deur SAPD

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting (PAIA) aan al nege provinsiale hoofde van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gebring. Dié organisasie versoek inligting oor die aantal onwettige arrestasies wat SAPD-lede die afgelope vyf jaar uitgevoer het, asook hoeveel geld bestee word aan regskoste om hierdie lede te verdedig…

AfriForum eis Cele se onmiddellike bedanking oor gesteelde vuurwapens
|

AfriForum eis Cele se onmiddellike bedanking oor gesteelde vuurwapens

Die burgerregteorganisasie AfriForum eis dat Bheki Cele, minister van Polisie, onmiddellik bedank ná daar onthul is dat meer as 5 000 vuurwapens, wat aan polisielede uitgereik is, oor die afgelope vyf jaar gesteel is. Cele het ook voorheen erken dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die afgelope dekade reeds 8 000 vuurwapens verloor het. “Onder Cele se leierskap…

AfriForum se buurt- en plaaswagte simuleer plaasaanval en gyselaarbevryding
| |

AfriForum se buurt- en plaaswagte simuleer plaasaanval en gyselaarbevryding

AfriForum se Herald-plaaswag het op 21 Julie ’n simulasie van ’n plaasaanval en gyselaarbevryding aangebied. Die oefening was praktiese opleiding vir plaas- en buurtwagte sodat hulle tydens ’n plaasaanval doeltreffend, georganiseerd en gedissiplineerd kan reageer. Die operasie het bestaan uit die taktiese ontruiming van ʼn huis deur die volgende protospanne: Waboomskraal, Zebra en Herald. Ten…

End of content

End of content