AfriForum sal rassetransformasie van gemeenskapsbehuisingskemas met alle mag beveg
| |

AfriForum sal rassetransformasie van gemeenskapsbehuisingskemas met alle mag beveg

Mmamoloko Kubayi, minister van Menslike Nedersettings, beplan rassetransformasie vir privat dienslewering by gemeenskapsbehuisingskemas wat onder meer deeltitel-komplekse, huiseienaarsverenigings en aftree-oorde insluit. AfriForum is sterk gekant teen só ’n rasseverandering en sal die proses aandagtig moniteer en beveg, indien nodig. Kubayi beplan dié rassetransformasie omdat gemeenskapsbehuisingskemas ’n reuse-bydrae maak tot die ekonomie. Altesaam 27% van alle…

AfriForum stuit vergroting van Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit
| |

AfriForum stuit vergroting van Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit

AfriForum verwelkom die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad om nie die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit en die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit saam te smelt nie. Dit volg ná AfriForum en sy spesialiste reeds op 28 April vanjaar kommentaar ingedien het teen die beplande verandering. Indien die verandering suksesvol sou wees, het dit beteken dat Koster, Derby, Swartruggens…

AfriForum-takke bied hulp aan Tshwane-metro
| |

AfriForum-takke bied hulp aan Tshwane-metro

AfriForum sal sy takke in die Tshwane-metro aktiveer om met dienslewering te help nadat lede van die vakbond Samwu en ander amptenary aan ’n onwettige staking oor lone deelgeneem het. Hierdie staking het ’n wesenlike impak op dienslewering in die metro gehad.  Munisipale werkers van Samwu eis ’n loonverhoging van tussen 3,5% en 5,4%. Cilliers…

AfriForum gee sy regspan opdrag om weer teen Eskom op te tree
| |

AfriForum gee sy regspan opdrag om weer teen Eskom op te tree

Die burgerregteorganisasie AfriForum en Eskom kan moontlik weer in die hof koppe stamp oor die bykomende beurtkrag wat vir Zeerust beplan word as gevolg van die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit se agterstallige rekening. Dié munisipaliteit se skuld beloop sowat R98 miljoen. AfriForum het op 16 November 2022 ’n oorwinning in die Pretoriase Hooggeregshof behaal nadat…

Mafube-saak: Uitspraak voorbehou in saak teen premier en kie
| |

Mafube-saak: Uitspraak voorbehou in saak teen premier en kie

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het vandag uitspraak voorbehou in AfriForum en die Mafube Besigheidsforum se saak teen die premier van die Vrystaat en 12 ander respondente. Dié organisasies het die hof genader omdat hulle van mening is dat die premier ’n vorige hofbevel minag. Dít volg nadat dieselfde hof in April 2022 beslis het dat…

AfriForum dien kommentaar in teen Johannesburg-metro se voortgesette uitbuiting van skole deur belastingverhogings
| |

AfriForum dien kommentaar in teen Johannesburg-metro se voortgesette uitbuiting van skole deur belastingverhogings

AfriForum het in Maart 2023 sukses in die Hooggeregshof in Johannesburg behaal toe die hof die handeling van die Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit om die eiendomskategorie van onderwysinstellings weg te neem, ongrondwetlik verklaar het. Dit het op die 2022/23 finansiële jaar betrekking gehad en sou buitensporige belastingverhogings vir onderriginstellings beteken het. Tans blyk dit dat die…

AfriForum gaan beplande vergroting van munisipale areas beveg
| |

AfriForum gaan beplande vergroting van munisipale areas beveg

AfriForum, in samewerking met sy span spesialiste, is besig om kommentaar op te stel teen die vergroting van sekere munisipale areas in die land. Dit volg nadat die Munisipale Afbakeningsraad (MAR) aangekondig het dat hy in die proses is om die skuif van verskeie munisipale grense in die land te oorweeg. Deur hierdie verandering poog…

Beoogde regstappe stuit Eskom-vrystelling
| |

Beoogde regstappe stuit Eskom-vrystelling

AfriForum verwelkom Enoch Godongwana, die minister van Finansies, se besluit om die vrystelling wat aan Eskom gegun is oor hoe hy oor wanbesteding verslag moet doen, tydelik terug te trek. Dit volg nadat AfriForum vroeër met sy regspan gekonsulteer het om ’n hersieningsaansoek te bring sodat hierdie besluit van die nasionale tesourie tersyde gestel word….

SUKSES: Johannesburg-metro se uitbuiting van skole deur belastingverhogings ongrondwetlik verklaar
| |

SUKSES: Johannesburg-metro se uitbuiting van skole deur belastingverhogings ongrondwetlik verklaar

AfriForum het sukses in die Hooggeregshof in Johannesburg behaal toe die hof die handeling van die Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit om die eiendomskategorie van onderwysinstellings weg te neem, ongrondwetlik verklaar het. “AfriForum beskou hierdie uitspraak as ’n groot oorwinning. In plaas daarvan om skole te teiken behoort die metro eerder saam met skole te werk. Ons…

De Ruyter se bewerings olie op kragtariewe-vuur   
| |

De Ruyter se bewerings olie op kragtariewe-vuur   

André de Ruyter se kennistydperk wat met meer as ’n maand verkort is, is vir AfriForum ’n klinkklaar bewys dat De Ruyter se toenemende openbare deursigtigheid oor korrupsie by Eskom en wie daarby betrokke is die rede vir dié besluit is. De Ruyter het reeds in Desember sy bedankingsbrief ingedien en sou eers die kragreus…

End of content

End of content