AfriForum oudit vullisterreine in Limpopo
| | |

AfriForum oudit vullisterreine in Limpopo

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hul nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs twee uit die 14 vullisterreine wat in Limpopo geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van…

Springs-tak beteken hofstukke aan NERSA oor elektrisiteitsprobleme in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit
| |

Springs-tak beteken hofstukke aan NERSA oor elektrisiteitsprobleme in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit

AfriForum se Springs-tak se regspan het op 3 Augustus hofstukke aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) beteken om die voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening waaronder die inwoners van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gebuk gaan op te los . Dit volg nadat Springs en ander dorpe wat onder dié munisipaliteit val erge en aanhoudende kragonderbrekings ervaar…

Phalaborwa-tak maak skenking aan Bougainvillea-versorgingsentrum
| |

Phalaborwa-tak maak skenking aan Bougainvillea-versorgingsentrum

AfriForum se Phalaborwa-tak het op 28 Julie noodsaaklike goedere soos toiletpapier en skoonmaakmiddels aan die Bougainvillea- versorgingsentrum geskenk. Hierdie skenking is deel van ’n bewusmakingsprojek wat dié tak geloods het. Die tak het besluit om hierdie versorgingsentrum te ondersteun nadat dit aan die lig gekom het dat hulle in die huidige ekonomiese klimaat onder finansiële…

Machadodorp-tak vul 35 slaggate in Tobiasstraat
| |

Machadodorp-tak vul 35 slaggate in Tobiasstraat

AfriForum se Machadodorp-tak het op 28 Julie in slegs één van dié dorp se strate, Tobiasstraat, 35 slaggate opgevul. Dit het vier taklede ’n volle dag, meer as 20 sakke teer en 40 liter bitumenemulsie gekos om die pad weer rybaar te kry. Die uitermate hoë getal slaggate getuig van die swak toestand van die…

Belfast-tak loods projek om waterprobleme die hoof te bied
| | |

Belfast-tak loods projek om waterprobleme die hoof te bied

AfriForum se Belfast-tak het op 1 Augustus ’n projek geloods om die voortslepende waterprobleme in dié dorp te takel. Belfast gaan tans onder ernstige watertekorte gebuk en dié tak wil met hierdie projek die gemeenskap help om die probleem op te los. Dit volg nadat die tak verskeie klagtes oor droë krane van moedelose inwoners…

Bloemhof-tak plaas Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit op terme
| |

Bloemhof-tak plaas Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit op terme

AfriForum se Bloemhof-tak het die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit op 1 Augustus op terme geplaas nadat dit aan die lig gekom het dat rou riool direk in die Vaalrivier invloei. Dit volg nadat dié tak verskeie klagtes van inwoners van Bloemhof ontvang het saam met video’s en foto’s wat wys hoe rou riool vanaf die dorp…

Bethal-tak se slaggatprojek verseker motoriste se veiligheid
| |

Bethal-tak se slaggatprojek verseker motoriste se veiligheid

AfriForum se Bethal-tak het op 27 Julie nog ’n twee dae lange slaggatprojek voltooi om die veiligheid van motoriste te verseker. Dié tak het besluit om op Kleijnhansstraat te fokus aangesien die pad al hoe gevaarliker word vir padgebruikers. Tydens hierdie projek is 180 sakke teer gebruik om al die slaggate op te vul. Dit…

Jeug-tak in Piet Retief deel komberse teen koue uit
| |

Jeug-tak in Piet Retief deel komberse teen koue uit

Die AfriForum Jeug-tak in Piet Retief het in Julie ongeveer 200 komberse ingesamel. Hulle het dit op 20 Julie aan verskeie kerke in die area uitgedeel wat dit weer onder behoeftiges sal versprei. Dit volg nadat ysige koue in die streek groot nood in die gemeenskap laat ontstaan het. Die Jeug-tak het dit raakgesien en…

End of content

End of content