AfriForum sê PIRLS-internasionale studie toon hoe staat die land se kinders faal
| |

AfriForum sê PIRLS-internasionale studie toon hoe staat die land se kinders faal

AfriForum het met kommer kennis geneem van die tendense waarop die PIRLS 2021-verslag met betrekking tot die land en Suid-Afrikaanse onderwys dui. Dié studie se resultate is vandag aangekondig en skets ’n donker prentjie van die lewens- en onderwysgehalte in die land. PIRLS is die afkorting vir die Internasionale Vereniging vir die Evaluering van Opvoedkundige…

Dink of Sink-debatskompetisie begin op hoë noot by DF Malan
| |

Dink of Sink-debatskompetisie begin op hoë noot by DF Malan

Die suidelike streeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het op 12 Mei uitnemende debatte opgelewer en gesorg vir naelbyt-eindstryde in beide die junior en senior kategorieë. Die Hoërskool DF Malan was andermaal die gasheerskool van die kompetisie wat deur AfriForum geborg word. Hierdie was die eerste uitdunrondte in die jaarlikse kompetisie waarna…

AfriForum en publiek neem sterk standpunt in teen BELA-onderwyswetsontwerp by openbare raadpleegsessies in Gauteng
| |

AfriForum en publiek neem sterk standpunt in teen BELA-onderwyswetsontwerp by openbare raadpleegsessies in Gauteng

Verteenwoordigers van AfriForum, asook van ander organisasies en die publiek het sterk standpunt teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wet) ingeneem tydens die openbare raadplegingsessies hieroor wat van 5 tot 7 Mei 2023 in Gauteng plaasgevind het. Die sessies was ’n voortsetting van die raadplegingproses wat in Februarie vanjaar ’n aanvang…

AfriForum en Saai ondersteun buitestedelike boerdery-onderneming om doeltreffendheid te verbeter
| |

AfriForum en Saai ondersteun buitestedelike boerdery-onderneming om doeltreffendheid te verbeter

AfriForum en Saai het hande gevat met Gung’s Boerdry om produktiwiteit en doeltreffendheid van hierdie buitestedelike boerdery-onderneming te verbeter deur ’n skoffelploeg aan dié boerdery-onderneming te skenk. Gung’s Boerdry produseer brandrissies, brinjal, ander groen groente en medisinale kruie op ’n 2,5 ha plot by Zuurbekom in die Wes-Rand. Hierdie gediversifiseerde landbou-onderneming behels ook agro-verwerking, produseer…

AfriForum gaan nie verder appelleer teen haatspraaksaak-uitspraak wat algehele verbod op ou vlag beperk
| |

AfriForum gaan nie verder appelleer teen haatspraaksaak-uitspraak wat algehele verbod op ou vlag beperk

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in die lig daarvan dat die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein die Gelykheidshof se aanvanklike bevel dat “enige” vertoning van die ou vlag haatspraak is, gewysig het deur nou spesifiek “ongevraagde openbare vertoon” te verbied, besluit om nie teen dié uitspraak te appelleer nie. AfriForum bly steeds gekant teen verbanningsbevele…

BELA openbare raadplegingsessies hervat ‒ AfriForum versoek publiek om deel te neem
| |

BELA openbare raadplegingsessies hervat ‒ AfriForum versoek publiek om deel te neem

Die openbare raadplegingsessies waar die publiek mondelinge insette oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wet) kan lewer, word vanaf 5 Mei 2023 hervat. Die kennisgewing met datums en lokale is pas deur die sekretaris van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Basiese Onderrig bekendgemaak. Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, word…

Teenboelieveldtogspan besoek skole in die Weskus
| |

Teenboelieveldtogspan besoek skole in die Weskus

AfriForum se Weskus-tak en teenboelieveldtogspan het op 17 April skole in Langebaan en Hopefield besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. Ses skole is besoek waaronder Curro Langebaan, Langebaan Primêre Skool, Longacres Privaatskool, Weskus Skool in Saldanha, Laerskool Vredenburg en Hoërskool Hopefield. Leandie Bräsler, AfriForum se…

AfriForum raadpleeg regspan oor volgende stappe nadat Hoogste Hof van Appèl verklaring van ou landsvlag as haatspraak bekragtig
| |

AfriForum raadpleeg regspan oor volgende stappe nadat Hoogste Hof van Appèl verklaring van ou landsvlag as haatspraak bekragtig

Die burgerregteorganisasie AfriForum sal sy regspan raadpleeg oor die volgende stappe nadat die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein vandag die appèl van die uitspraak wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse landsvlag in die meeste omstandighede, ook privaat, as haatspraak verklaar het, van die hand gewys het. “Vryheid van uitdrukking as ’n reg het…

AfriForum verwelkom dat polisie nie net Engelse diens moet gee nie – sal implementering dophou
| |

AfriForum verwelkom dat polisie nie net Engelse diens moet gee nie – sal implementering dophou

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom dat genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris volgens mediaberigte opdrag aan alle provinsiale kommissarisse sal gee om enige opdragte oor die taal van dienslewering wat nie in lyn met die nasionale beleid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is nie, terug te trek. Dit volg op ’n opdrag van die Wes-Kaapse polisiekommissaris,…

AfriForum en Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi smee bande
| |

AfriForum en Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi smee bande

AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi Tradisionele Gemeenskap van Disaneng, wes van Mahikeng in die Noordwes-provinsie, het bande gesmee tydens ’n vergadering op 3 April 2023 tussen verteenwoordigers van AfriForum en die Tradisionele Raad van die Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi. Daar is ooreengekom dat daar spesifiek saamgewerk sal word op landbou-ontwikkeling, gemeenskapselfstandigheid en die versekering van…

End of content

End of content