Privaatvervolgingseenheid reik dagvaarding uit teen Jaco Swart in nuwe geslagsgebaseerde geweld-saak
| |

Privaatvervolgingseenheid reik dagvaarding uit teen Jaco Swart in nuwe geslagsgebaseerde geweld-saak

’n Dagvaarding is teen die veroordeelde vroueslaner Jaco Swart uitgereik om op 14 Augustus in die hof te verskyn op ’n nuwe aanklagte van aanranding, hierdie keer teen ’n polisievrou. Dit is egter onwaarskynlik dat hy sal verskyn omdat hy nêrens in die land gevind kan word sodat die dagvaarding aan hom beteken kan word…

AfriForum gereed om NGV op alle vlakke te beveg
| |

AfriForum gereed om NGV op alle vlakke te beveg

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die parlement se besluit om die nuwe wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te aanvaar, ten sterkste veroordeel. Dié organisasie het ook reeds ʼn span van die land se top regskenners, ekonome en mediese kenners saamgeroep om die wetgewing op alle moontlike vlakke teen te staan. Volgens AfriForum is NGV net nóg…

Onbekwame NVG het nog geen besluit geneem in Fikile Mbalula saak nie
| |

Onbekwame NVG het nog geen besluit geneem in Fikile Mbalula saak nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het weer sy onvermoë getoon toe hy gekonfronteer is met ’n strafsaak teen Suid-Afrika se politieke elite. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het met skok, maar min verbasing, verneem dat die Valke die Fikile Mbalula-saakdossier byna drie maande gelede aan die NVG oorhandig het, maar die NVG het steeds nie bekendgemaak of hulle…

AfriForum neem sterk standpunt in teen vernietigende Onteieningswetsontwerp in mondelinge aanbieding
| |

AfriForum neem sterk standpunt in teen vernietigende Onteieningswetsontwerp in mondelinge aanbieding

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging wat die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020] sterk teengestaan het voor die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur in Pretoria gelewer. “Onteiening sonder vergoeding is staatsgoedgekeurde diefstal, immoreel en ’n skending van menseregte. Dit is ’n onmenslike beleid wat gemotiveer word deur ’n kombinasie van…

AfriForum sal hof vra om in te gryp ná NVG versuim om Jiba te vervolg
| |

AfriForum sal hof vra om in te gryp ná NVG versuim om Jiba te vervolg

Meer as agt jaar se vertragings deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die saak teen die voormalige Adjunk Nasionale Direkteur van Vervolging adv. Nomgcobo Jiba moet tot ’n einde kom. Dit is die uitdruklike boodskap aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), in nog ’n brief van AfriForum se privaatvervolgingseenheid. Batohi…

Privaatvervolgingseenheid stuit wrede uitbuitings deur beweerde “babasmous”
| |

Privaatvervolgingseenheid stuit wrede uitbuitings deur beweerde “babasmous”

Byna ’n dekade van hartelose misleiding en valse beloftes aan hoopvolle aanneemouers het geëindig met die beweerde “babasmous” wat 39 aanklagte van mensehandel in die gesig gestaar het. Letitia van den Berg se dag in die hof het aangebreek nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid (PVE) ingegryp het, waarna die owerhede gedwing was om aanklagte van mensehandel…

AfriForum: Inwoners van elke provinsie moet hul stemme dik maak teen Onteieningswetsontwerp
| |

AfriForum: Inwoners van elke provinsie moet hul stemme dik maak teen Onteieningswetsontwerp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag verdere geskrewe kommentaar ingedien teen die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020]. Dít volg nadat die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur ’n geleentheid vir kommentaar op die wetsontwerp geopen het. AfriForum gaan ook in Junie aan die volgende geleenthede vir mondelingse voorleggings rakende hierdie wetsontwerp deelneem: AfriForum beklemtoon…

AfriForum verskyn in hof om Suid-Afrikaanse regering se R50 miljoen-skenking aan Kuba finaal te stop
| |

AfriForum verskyn in hof om Suid-Afrikaanse regering se R50 miljoen-skenking aan Kuba finaal te stop

Uitspraak is in die Pretoriase Hooggeregshof voorbehou waar die burgerregteorganisasie AfriForum vandag met ’n hersieningsaansoek verskyn het om die regering se beoogde R50 miljoen-skenking aan die Kubaanse regering, finaal te keer. AfriForum het reeds in 2022 ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan…

Valke het tot einde Mei om te reageer op Mbalula-aangeleentheid – of hof word genader
| |

Valke het tot einde Mei om te reageer op Mbalula-aangeleentheid – of hof word genader

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het luitenant-generaal Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, tot 30 Mei gegee om sinvolle terugvoer te gee oor die stand van die korrupsie-ondersoek na Fikile Mbalula, die ANC-sekretaris-generaal. Die eenheid probeer sedert 2019, toe die saak deur Monique Taute, Hoof van veldtogte by AfriForum, geopen is, om antwoorde van die polisie en…

Strafbare manslag-beskuldigde in hof vir dood van klein Amé
| |

Strafbare manslag-beskuldigde in hof vir dood van klein Amé

Die vermeende dronkbestuurder, Joseph Hebron Maponya, het vandag sy eerste verskyning in die Middelburg-landdroshof gemaak – meer as 18 maande nadat hy na bewering die motorongeluk veroorsaak het waarin die vyfjarige Amé Jansen van Rensburg dood is. Maponya staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur asook dronkbestuur. Amé se ma, Nadia…

End of content

End of content