Hof hoor hoe Jaco Swart uit Suid-Afrika vlug, na bewering met vriend se paspoort
AfriForum se privaatvervolgingseenheid was vandag in die Kuilsrivier-landdroshof vir die private vervolging van gevonnisde vroueslaner, Jaco Swart. Die eenheid verteenwoordig ’n vroulike polisiebeampte wat na bewering deur Swart aangerand is. Daar was na bewering ’n voorval die oggend van 13 Januarie 2022 waartydens die klaer se buurvrou haar om hulp geroep het omdat haar vriend,…