|

AfriForum Jeug sal aanhou baklei vir Afrikaans by landboukolleges

Twee van die enigste oorblywende Afrikaanse landboukolleges in die land is in die spervuur weens regeringsdruk om dit heeltemal te verengels.Taalstorms woed sedert die begin van die jaar by die Grootfontein-landboukollege in Middelburg in die Oos-kaap en die Elsenburg-kollege buite Stellenbosch.

|

Kuruman-buurtwagte leer baie oor eie veiligheid

Twaalf sektorleiers van die Kuruman-buurtwag het pas ’n kursus in veiligheidsopleiding voltooi.Kuruman in die Noord-Kaap gaan reeds geruime tyd onder erge misdaad gebuk, maar sedert AfriForum, burgerregte-organisasie, met die uitbreiding van buurtwagte begin het, is daar ’n drastiese afname in voorvalle, sê Ettienne Louw, voorsitter van die buurtwag.

|

AfriForum Jeug verteenwoordig minderhede by Unpo in Den Haag

Henk Maree, voorsitter van AfriForum Jeug, het pas uit Den Haag, Nederland, teruggekeer waar hy ’n werkwinkel van die Unrepresented Nations and People’s Organisation (Unpo) bygewoon het.Unpo is ’n internasionale organisasie wat hom sedert 1991 beywer vir die regte van minderheidsgroepe en inheemse volke. Die organisasie verteenwoordig 200 miljoen mense wêreldwyd.

|

Tshwane Metroraad mors miljoene van belastingbetalers met straatname-aansoek

Ondanks die soveelste oorwinning wat AfriForum oor die Tshwane Metroraad behaal het rondom die omstrede straatname-hofsaak in Pretoria, wil die raad hom nou tot die grondwetlike hof wend.Die metroraad se aansoek om spesiale verlof tot appèl is in die naweek deur appèlregters Mandisa Maya en Nambita Dambuza met koste van die hand gewys. Die metroraad…

|

Buurtwag kry gesteelde motor binne 2 ure

AfriForum se sektor 5-buurtwagte in Bloemfontein het gisteraand groot sukses behaal en binne twee ure ’n gesteelde motor in Fichardtpark opgespoor. Sektor 5 bedien die woongebiede Hospitaalpark, Fichardtpark en Pellissier in die stad. Joseph Renaud van die Hospitaalpark-buurtwag, het gesê daar is omstreeks 20:00 ’n boodskap op hul Whatsapp-groep gestuur dat ’n motor by ’n…

|

AfriForum help Phalaborwa-inwoners om derduisende aan eiendomsbelasting te spaar

Ingryping deur AfriForum die afgelope maande by ’n foutiewe waardasierol in Phalaborwa in Limpopo het inwoners van dié dorp gehelp om derduisende rande aan eiendomsbelasting te spaar. Morné Mostert, provinsiale koördineerder, het gesê AfriForum het sowat drie maande gelede begin om ’n dispuut met die Ba-Phalaborwa plaaslike munisipaliteit te verklaar oor onbehoorlike verhogings in eiendomswaardasies.

End of content

End of content