Bestuurslisensie hernuwing: Nuwe probleme met land se enigste lisensie-drukmasjien beklemtoon noodsaaklikheid van AfriForum se opkomende hofsaak
Die land se enigste lisensie-drukmasjien is weereens buite werking. Hierdie nuus beklemtoon opnuut die meriete en noodsaaklikheid van AfriForum se hofsaak later vanjaar wat die verval van bestuurslisensiekaarte aanvat. Volgens die Departement van Vervoer het die masjien onklaar geraak weens ’n tegniese probleem wat vereis dat ’n part deur die oorspronklike vervaardiger vervang moet word….