Bothaville-tak doen beroep op Nala oor kwaliteit van drinkwater
Die AfriForum-tak in Bothaville het onlangs die water in dié dorp getoets ná talle inwoners siek geword het. Die water is by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets en die uitslae toon dat die water nie aan die SANAS standaarde voldoen nie. Die totale plaatjietelling is hoër as 11 500, dit moet minder as 1 000 wees om veilig te wees anders kan dit lei tot kwale soos diarree.
Die tak het ’n dringende skrywe aan die Nala Plaaslike Munisipaliteit gerig oor hierdie uitslae en eis antwoorde oor hoe die munisipaliteit te werk sal gaan om hierdie probleem op te los. Die tak sal ’n kontroletoets doen om te bepaal of die munisipaliteit wel aandag aan die probleem gegee het.
“Die munisipaliteit is besig om die wet te oortree. Wet 108 van die Waterdienstewet van 1997 bepaal dat die munisipaliteit daarvoor verantwoordelik is om skoon, drinkbare water aan inwoners te voorsien. Dit is tyd dat die munisipaliteit tot verantwoording geroep word hieroor,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Die munisipaliteit het tot 31 Januarie om te reageer.
Wil jy graag deel word van Bothaville se AfriForum-tak? Kontak vir Willie Prinsloo by 083 306 5732.