AFRIFORUM SE POTGIETERSRUS-BUURTWAG VEG EN BOU
| |

AFRIFORUM SE POTGIETERSRUS-BUURTWAG VEG EN BOU

AfriForum se Potgietersrus-buurtwag was die afgelope week bedrywig en het betrokke geraak by verskeie aksies om die veiligheid van die plaaslike gemeenskap te verseker. Die oggend van 21 April het die polisie in Mahwelereng die buurtwag gevra om te help om huise te deursoek waar verdagtes vermoedelik skuil. Die verdagtes was glo betrokke by ’n…

AFRIFORUM SE TEKS-BUURTWAG ONTVANG NOODHULPOPLEIDING
| |

AFRIFORUM SE TEKS-BUURTWAG ONTVANG NOODHULPOPLEIDING

Lede van AfriForum se Teks-buurtwag in Secunda het op 20 April 2021 hulle noodhulpsertifikate (vlak 1 tot 3) ontvang. Altesaam 20 buurtwaglede het die kursus bygewoon wat die volgende onderwerpe insluit: KPR, brandwonde, verskillende breuke, asook hoe om noodhulp toe te pas met dit wat tot jou beskikking is om sodoende ’n lewe te red of verdere…

NSFAS SE LEË BELOFTES AAN STUDENTE LEI TOT GEWELDDADIGE BETOGINGS OP KAMPUSSE
|

NSFAS SE LEË BELOFTES AAN STUDENTE LEI TOT GEWELDDADIGE BETOGINGS OP KAMPUSSE

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) se aanhoudende leë beloftes aan studente en toelaes wat nie uitbetaal word nie, lei al hoe meer tot gewelddadige betogings op kampusse oor die land heen. Dit is weer eens duidelik gemaak ná die afgelope week se studentebetogings by die Walter Sisulu Universiteit. AfriForum Jeug is van mening…

AFRIFORUM BEVRAAGTEKEN AANSTELLING VAN KUBAANSE INGENIEURS
| |

AFRIFORUM BEVRAAGTEKEN AANSTELLING VAN KUBAANSE INGENIEURS

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n brief aan Lindiwe Sisulu, Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, gestuur waarin die aanstelling van 24 Kubaanse ingenieurs bevraagteken word. Dit volg nadat dié ingenieurs op 19 April 2021 aangestel is om die Departement van Water en Sanitasie (DWS) te help om probleme met waterinfrastruktuur op te los…

AFRIFORUM JEUG EIS AFDANKING VAN UK-DOSENT EN ANTWOORDE OOR RASSISME OP KAMPUS
|

AFRIFORUM JEUG EIS AFDANKING VAN UK-DOSENT EN ANTWOORDE OOR RASSISME OP KAMPUS

AfriForum Jeug het vandag ’n dringende skrywe aan die bestuur van die Universiteit van Kaapstad (UK) gerig in reaksie op onlangse voorvalle van ’n rassistiese aard op dié kampus. Drie eise word in die skrywe aan die universiteitsbestuur gestel. In die eerste plek word geëis dat die UK-dosent Lwazi Lushaba afgedank word nadat hy die…

AFRIFORUM SE HARTBEESPOORT-BUURTWAGLEDE ONTVANG HOMMELTUIGOPLEIDING
| | |

AFRIFORUM SE HARTBEESPOORT-BUURTWAGLEDE ONTVANG HOMMELTUIGOPLEIDING

Die AfriForum-buurtwag in Hartbeespoort het twee buurtwaglede van 12–16 April vir opleiding as hommeltuigvlieëniers na Orania gestuur. Dít volg nadat die tak ’n hommeltuig aangekoop het sodat die buurtwag dit kan gebruik om gemeenskapsveiligheid op te skerp, asook om samewerking met die plaaslike polisie te verbeter. Die opleidingskursus word deur AfriForum Gemeenskapsveiligheid aangebied met André…

AFRIFORUM WOON OPENBARE VERHOOR BY OOR WETSONTWERP OOR ONTEIENING SONDER VERGOEDING
| |

AFRIFORUM WOON OPENBARE VERHOOR BY OOR WETSONTWERP OOR ONTEIENING SONDER VERGOEDING

Verteenwoordigers van die burgerregteorganisasie AfriForum het die openbare verhoor oor die wetsontwerp oor onteiening in Nelspruit op 16 April bygewoon. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, het by dié verhoor gepraat. AfriForum het beklemtoon dat die ANC se najaging van onteiening sonder vergoeding niks meer as ’n politieke spel is nie. ’n Verskeidenheid…

UITSPRAAK VOORBEHOU IN AFRIFORUM JEUG SE SAAK TEEN NSFAS
|

UITSPRAAK VOORBEHOU IN AFRIFORUM JEUG SE SAAK TEEN NSFAS

AfriForum Jeug se saak teen die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) is gister (14 April 2021) in die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. NSFAS het in 2020 sowat 5 000 studente se befondsing summier gekanselleer, en 132 van hierdie studente het AfriForum Jeug genader om hulle by te staan. NSFAS het beweer dat…

AFRIFORUM VERNEEM DAT TOTAL SY AANSOEK ONTTREK VIR BEOOGDE EKSPLORASIE AAN DIE SUIDKUS
| |

AFRIFORUM VERNEEM DAT TOTAL SY AANSOEK ONTTREK VIR BEOOGDE EKSPLORASIE AAN DIE SUIDKUS

Die burgerregteorganisasie AfriForum het verneem dat Total SA sy aansoek vir eksplorasie in ’n streek van die kusgebied tussen St. Francisbaai en Mosselbaai onttrek het. AfriForum verwelkom dié stap maar sal die situasie fyn dophou om te verseker dat enige toekomstige prosesse deeglik ondersoek word om sodoende die kwesbare mariene omgewing te beskerm. AfriForum moniteer…

AFRIFORUM-BUURTWAGTE VERHOOG SIGBAARHEID OM KOPERDIEWE AF TE SKRIK
| |

AFRIFORUM-BUURTWAGTE VERHOOG SIGBAARHEID OM KOPERDIEWE AF TE SKRIK

AfriForum se Pietersburg- en Potgietersrus-buurtwag het op 10 April 2021 ’n sigbaarheidsaksie onderneem in die Eerstegoud-, Ysterberg-, Kuschke- en Eersteling-gebied tussen Pietersburg en Potgietersrus op die R101. Dié omgewing het die voorafgaande week erg deurgeloop met diewe wat die Eskom-teerpale afsny en dan die koperkabels steel. “Eskom herstel die krag en dan word dieselfde kraglyn twee…

End of content

End of content