AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING
| |

AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING

AfriForum se Witrivier-buurtwag het op Saterdag 22 Mei 2021 ’n kursus in die gebruik van basiese handwapens voltooi. Die doel van die opleiding is om die bevoegdheid van AfriForum se patrolleerders deurgaans te verbeter en op te skerp. Hierdie tipe opleiding vind op verskeie terreine deur die loop van die jaar plaas. Dit verseker dat…

AFRIFORUM SE ALBERTINIA-PLAASWAG DEURLOOP OPLEIDING
| |

AFRIFORUM SE ALBERTINIA-PLAASWAG DEURLOOP OPLEIDING

AfriForum se Albertinia-plaaswag het op 19 Mei 2021 opleiding in regsaspekte deurloop. Dit vorm deel van AfriForum se program om gemeenskappe te bemagtig om met veiligheidsprojekte binne die raamwerk van die wet op te tree. Regsaspekteopleiding maak deel uit van 16 gemeenskapveiligheidsmodules wat deur AfriForum ontwikkel is en as belangrik beskou word om buurtwaglede te…

AFRIFORUM SE MESSINA-BUURTWAG EN SAPD NEEM VERDAGTE IN HEGTENIS WAT GEMEENSKAP GLO TEISTER
| |

AFRIFORUM SE MESSINA-BUURTWAG EN SAPD NEEM VERDAGTE IN HEGTENIS WAT GEMEENSKAP GLO TEISTER

AfriForum se Messina-buurtwag het op 19 Mei 2021 in samewerking met die plaaslike SAPD ’n suksesvolle operasie uitgevoer waartydens ’n verdagte in hegtenis geneem is. Dié misdadiger is onwettig in die land en kan moontlik aan verskeie misdade in en om dié dorp verbind word. Die gemeenskap is oor die afgelope paar maande aangeval, beroof…

AFRIFORUM-TAKKE PATROLLEER BY GEVAARLIKE KRUISINGS IN PRETORIA; MAAK GEBIEDE SKOON
| | |

AFRIFORUM-TAKKE PATROLLEER BY GEVAARLIKE KRUISINGS IN PRETORIA; MAAK GEBIEDE SKOON

Die AfriForum-takke in Pretoria het die afgelope weke hard gewerk om dele van dié stad te beveilig en om gebiede skoon en netjies te maak. Op 18 en 19 Mei 2021 het die Centurion-, Moreletapark-, Groter Moot- en Pionier-tak tien gevaarlike kruisings in hul onderskeie gebiede gekies waar hulle sigbaarheid verhoog het om misdaad te…

HIDROBREKING: AFRIFORUM EN TKAG TEIKEN SKALIEGASPLANNE
| |

HIDROBREKING: AFRIFORUM EN TKAG TEIKEN SKALIEGASPLANNE

AfriForum en Treasure the Karoo Action Group is besig om kommentaar saam te stel op die Departement van Water en Sanitasie se konsepregulasies vir die opsporing en ontwikkeling van aanlandse onkonvensionele gasontwikkeling. Dié regulasies in op 7 Mei in die Staatskoerant gepubliseer. Lambert De Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, sê dat AfriForum en sy jarelange omgewingsakevennoot…

AFRIFORUM VEROORDEEL KOSTER-HOFUITSPRAAK; GEMEENSKAP KEELVOL VIR VERMORSING VAN BELASTINGGELD
| |

AFRIFORUM VEROORDEEL KOSTER-HOFUITSPRAAK; GEMEENSKAP KEELVOL VIR VERMORSING VAN BELASTINGGELD

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die Kgetlengrivier Besorgde Inwoners (KBI) het hul skok en teleurstelling uitgespreek nadat ’n waarnemende regter in die Noordwes Hooggeregshof in Mahikeng beslis het dat die KBI die water- en rioolaanlegte in Koster en Swartruggens aan die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit moet teruggee. Boonop het die hof bevind dat Joseph Mogale, Kgetlengrivier se…

AFRIFORUM SE NABOOMSPRUIT- EN POTGIETERSRUS-BUURTWAG HELP MET BRANDE
| |

AFRIFORUM SE NABOOMSPRUIT- EN POTGIETERSRUS-BUURTWAG HELP MET BRANDE

Die AfriForum-buurtwagte in Naboomspruit en Potgietersrus het op 16 Mei gehelp om brande in die Naboomspruit omgewing te blus in samewerking met die Naboomspruit-brandweer en gemeenskappolisiëringsforum. ’n Bejaarde man wat probeer het om ’n brand te blus wat op sy plaas ontstaan het, is egter deur die vlamme omring. Hy het brandwonde opgedoen en is…

AFRIFORUM SE NABOOMSPRUIT-BUURTWAG NEEM ’N VERMEENDE MOTORDIEF IN HEGTENIS
| |

AFRIFORUM SE NABOOMSPRUIT-BUURTWAG NEEM ’N VERMEENDE MOTORDIEF IN HEGTENIS

AfriForum se buurtwag in Naboomspruit het op 16 Mei 2021 ’n verdagte in verband met motordiefstal in hegtenis geneem. ’n Wit Toyota-bakkie is op die betrokke dag in Nylstroom gesteel. ’n Boodskap is uitgestuur om op die uitkyk te wees en dat die voertuig in ’n noordelike rigting na Naboomspruit beweeg het. ’n Lid van…

AFRIFORUM: DIE MYNKWESSIE BY NASIONALE KRUGERWILDTUIN WEER AAN DIE GANG
| |

AFRIFORUM: DIE MYNKWESSIE BY NASIONALE KRUGERWILDTUIN WEER AAN DIE GANG

Die burgerregteorganisasie AfriForum en Saai het op Donderdag 13 Mei 2021, byna twee jaar na die eerste vergadering en eerste aansoek in hierdie verband, aan ’n openbare deelnamevergadering in Marlothpark deelgeneem in aanloop tot ’n beoogde steenkoolmyn op die voorstoep van die Nasionale Krugerwildtuin . Die vergadering en proses wat in 2019 voorgelê is, was…

AFRIFORUM SAKENETWERK SE ENTREPRENEUR VAN DIE JAAR-KOMPETISIE VIR 2021 SKOP BINNEKORT AF
|

AFRIFORUM SAKENETWERK SE ENTREPRENEUR VAN DIE JAAR-KOMPETISIE VIR 2021 SKOP BINNEKORT AF

AfriForum Sakenetwerk in samewerking met Akademia bied hierdie jaar weer aan entrepreneurs die geleentheid om aan die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie deel te neem. Dié kompetisie skop af met ’n geleentheid op 27 Mei 2021 om 09:00 by AfriForum Teater waartydens Daniel Strauss as gasspreker sal optree. Jaco Gerrits en dr. Rachel Maritz sal ook…

End of content

End of content