AFRIFORUM SE BOKSBURG-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING
| |

AFRIFORUM SE BOKSBURG-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING

Lede van AfriForum se Boksburg-buurtwag het op 19 Junie 2021 Vlak 1-noodhulpopleiding ontvang. Die opleiding is deur ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy aan vier van AfriForum se buurtwaglede aangebied. Dit is een van vele opleidingsessies, waarvan nog vir die toekoms beplan word. Hierdie opleiding is ’n goeie voorbeeld van hoe gemeenskapstrukture besig is om uit te brei…

MACHADODORP: AFRIFORUM GAAN MYNAANSOEK BEVEG
| | |

MACHADODORP: AFRIFORUM GAAN MYNAANSOEK BEVEG

Die AfriForum-tak in Machadodorp het insette gelewer teen ’n beplande myn op die De Kroon-plaas in die Machadodorp-omgewing. Hierdie aksie volg nadat Singo Consulting ons in kennis gestel het het dat Legare Mining Services beplan om steenkool te ontgin. Hierdie is die tweede aansoek van Legare Mining Services wat Singo Consulting loods. Die eerste aansoek,…

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HELP MET VOORBRANDE
| | |

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HELP MET VOORBRANDE

AfriForum se Dullstroom-buurtwag het in Junie gehelp om voorbrande in dié dorp te maak. Daar is op verskeie gebiede in en om Dullstroom gefokus en die plaaslike brandweer en boere rondom Dullstroom het saam aan die projek gewerk. “Die projek is daarop gemik om die dorp te help beveilig. Dit verlaag misdadigers se kanse om…

AFRIFORUM: KONSEPBELEID VIR AMBAG- EN KLEINSKAALMYNAKTIWITEITE MAG NIE ONWETTIGE MYNAKTIWITEITE WETTIG NIE
| |

AFRIFORUM: KONSEPBELEID VIR AMBAG- EN KLEINSKAALMYNAKTIWITEITE MAG NIE ONWETTIGE MYNAKTIWITEITE WETTIG NIE

AfriForum het op 17 Junie 2021 kommentaar ingedien op die konsepbeleid vir ambag- en kleinskaalmynaktiwiteite wat die Departement of Minerale Hulpbronne en Energie op 5 Mei 2021 in die Staatskoerant gepubliseer het. Hoewel AfriForum die publisering van die konsepbeleid verwelkom en dit as ’n stap in die regte rigting beskou, is dit tog bekommerd oor sekere aspekte van die konsepbeleid. “Ons beklemtoon twee oorwegings wat na…

SEKSUELE OORTREDER VERVOLG NÁ VOLGEHOUE DRUK DEUR AFRIFORUM SE PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID
| |

SEKSUELE OORTREDER VERVOLG NÁ VOLGEHOUE DRUK DEUR AFRIFORUM SE PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID

’n Verdagte wat beskuldig word van twee klagtes van seksuele aanranding en een klag van verkragting, het Woensdag uiteindelik in die plaaslike hof in Reitz verskyn ná volgehoue druk deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid. Die privaatvervolgingseenheid is in Oktober 2019 deur ’n familielid van ’n vyfjarige meisie genader, wat na bewering deur die verdagte gemolesteer is….

AFRIFORUM: VERHOGING VAN SELFOPWEKKINGSKRAGLIMIET KAN SUID-AFRIKA SE KRAGKRISIS VERLIG
| |

AFRIFORUM: VERHOGING VAN SELFOPWEKKINGSKRAGLIMIET KAN SUID-AFRIKA SE KRAGKRISIS VERLIG

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag die aankondiging van president Cyril Ramaphosa verwelkom dat die selfopwekkingskraglimiet verhoog sal word van 1 MW na 100 MW. Die organisasie, tesame met ander organisasies, het verlede maand ná die voorstel deur Gwede Mantashe, Minister van Minerale Bronne en Energie, om die limiet slegs tot 10 MW te verhoog, ’n…

AFRIFORUM SE RIVERSDAL-BUURTWAG HELP SAPD OM OPERASIES UIT TE VOER
| |

AFRIFORUM SE RIVERSDAL-BUURTWAG HELP SAPD OM OPERASIES UIT TE VOER

Die protospan van AfriForum se Riversdal-buurtwag, wat deel vorm van dié organisasie se Hessekwa-tak, het in die laaste week van Mei 2021 die SAPD gehelp om verskeie operasies suksesvol uit te voer. Die protospan is ’n groep in die buurtwag wat gespesialiseerde opleiding ontvang het. Die operasies het onder meer behels die uitreik van lasbriewe,…

GEVEG DREIG OOR MYNAANSOEK IN MARICO BIOSFEERRESERVAAT
| |

GEVEG DREIG OOR MYNAANSOEK IN MARICO BIOSFEERRESERVAAT

AfriForum het vandag kommentaar ingedien om die ontwikkeling van mynbou-aktiwiteite in die Marico Biosfeerreservaat teen te staan. Lede van die Groot Marico-gemeenskap het die organisasie ingelig dat daar moontlik gebreke voorkom in die aansoekproses vir omgewingsmagtiging wat namens Legare Mining Services (Edms.) Bpk. deur Singo Consulting behartig word. AfriForum het ondersoek ingestel en as belanghebbende…

DWS SKEP VERWARRING OOR SPERTYD VIR KOMMENTAAR OP SKALIEGASREGULASIES
| |

DWS SKEP VERWARRING OOR SPERTYD VIR KOMMENTAAR OP SKALIEGASREGULASIES

AfriForum en Treasure Karoo Action Group het weer aan die Departement van Water en Sanitasie (DWS) geskryf om te versoek dat regulasies weer in die Staatskoerant gepubliseer word oor die spertyd vir kommentaar op die nuwe konsepregulasies rakende die eksplorasie vir en produksie van aanlandige onkonvensionele gasontwikkeling. AfriForum het op 19 Mei 2021 ’n brief geskryf oor…

AFRIFORUM SE CENTURION-TAK SKENK HERWINNINGSHOKKE AAN AKADEMIA
| | |

AFRIFORUM SE CENTURION-TAK SKENK HERWINNINGSHOKKE AAN AKADEMIA

Die AfriForum-tak in Centurion is voortdurend besig om die omgewing te verbeter en die gemeenskap te versterk. Dié tak het in samewerking met AfriForum se omgewingsake-afdeling besluit om herwinningshokke aan Akademia te skenk om te help om studente bloot te stel aan die voordele van herwinning en die impak daarvan op die omgewing. Hierdie is…

End of content

End of content