VERKRAGTINGSLAGOFFER GETUIG IN HOF
| |

VERKRAGTINGSLAGOFFER GETUIG IN HOF

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag sy vervolging van ’n vermeende verkragter in die Streekhof in Somerset-Oos voortgesit.   Die privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv.Gerrie Nel, verteenwoordig die slagoffer Celeste Gouws. Gouws is in 2017 in haar eie huis verkrag ná sy vermoedelik bedwelm is. Die direkteur van Openbare Vervolgings in die Oos-Kaap het aanvanklik geweier om die verdagte, Isaac Andile Memese, te vervolg, ten spyte van oorweldigende bewyse teen hom. AfriForum is van…

ONLUSTE – SOLIDARITEIT BEWEGING SÊ AAN LEDE: BLY KALM EN ORGANISEER
| | | | |

ONLUSTE – SOLIDARITEIT BEWEGING SÊ AAN LEDE: BLY KALM EN ORGANISEER

Die Solidariteit Beweging het vandag by ʼn mediakonferensie sy ondersteuners aangemoedig om te midde van die onluste wat sekere dele van die land teister, hul weerbaarheid op te skerp, kalm te bly en by hul plaaslike buurtwag aan te sluit. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die faksiegevegte in die ANC wat…

AFRIFORUM EN DIE DOV BOTSWANA BEHAAL SUKSES MET DIE MANDAMUS-AANSOEK
| |

AFRIFORUM EN DIE DOV BOTSWANA BEHAAL SUKSES MET DIE MANDAMUS-AANSOEK

Sukses is bereik in die mandamus-aansoek wat deur die burgerregteorganisasie AfriForum teen die Departement van Justisie gebring is. Die eenheid het in opdrag van die Direkteur van Openbare Vervolgings (DOV) in Botswana op 14 Augustus 2020 ’n mandamus-aansoek geliasseer waarin versoek is dat die departement bloot sy plig moet doen en die Botswana-regering moet inlig…

SUKSESSE VIR AFRIFORUM SE BOTHAVILLE-BUURTWAG IN JUNIE
| |

SUKSESSE VIR AFRIFORUM SE BOTHAVILLE-BUURTWAG IN JUNIE

Die AfriForum-buurtwag in Bothaville het in Junie verskeie suksesse behaal, benewens die feit dat hulle gereeld patrollies ry om die gemeenskap veilig te hou. Die buurtwag is uitgeroep na ’n toneel waar skoolkinders besig was om die monument in Fonteinstraat te bekrap. Hulle is aangekeer en moes die monument skoonmaak. Daar is egter ook ’n saak geopen,…

AFRIFORUM EN TKAG LEWER KOMMENTAAR OOR SKALIEGASREGULASIES
| |

AFRIFORUM EN TKAG LEWER KOMMENTAAR OOR SKALIEGASREGULASIES

AfriForum en die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) het formele kommentaar by die Departement van Water en Sanitasie (DWS) ingedien oor die nuwe konsepregulasies rakende skaliegasboorwerk. Die DWS is ook deur AfriForum in kennis gestel van ’n onreëlmatigheid met betrekking tot die uitstel van die kommentaarperiode, en versoek dat die kommentaarperiode heringestel moet word…

MUNISIPALITEIT STORT BLOED IN KURUMAN, NIE ABATTOIR NIE
| |

MUNISIPALITEIT STORT BLOED IN KURUMAN, NIE ABATTOIR NIE

AfriForum het vandag nuwe inligting bekom wat daarop dui dat dit in werklikheid die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit is wat bloed in ’n veld stort wat deel van ’n plaaslike natuurreservaat in Kuruman vorm, en nie ’n plaaslike abattoir nie, soos vroeër berig. AfriForum het foutiewe inligting bekom dat dit die plaaslike abattoir is wat die…

PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID: WETSTOEPASSERS LAAT KINDERSLAGOFFERS VAN GRUWELIKE SEKSUELE MISHANDELING IN DIE STEEK
| |

PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID: WETSTOEPASSERS LAAT KINDERSLAGOFFERS VAN GRUWELIKE SEKSUELE MISHANDELING IN DIE STEEK

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag tydens ’n mediakonferensie die eenheid se betrokkenheid by vier sake van die ernstigste gevalle van die seksuele mishandeling van kinders wat die eenheid nóg teëgekom het, aangekondig. In drie van die gevalle het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), ten spyte van oorweldigende bewyse, die klagtes teen die beskuldigdes in die Brits…

AFRIFORUM SE POTCHEFSTROOM-BUURTWAG SPOOR GESTEELDE VOERTUIG OP
| |

AFRIFORUM SE POTCHEFSTROOM-BUURTWAG SPOOR GESTEELDE VOERTUIG OP

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom het die afgelope naweek ’n baie belangrike rol gespeel om ’n gesteelde voertuig op te spoor. Die buurtwag is op 2 Julie in kennis gestel dat ’n voertuig by die Mooirivier-winkelsentrum in die dorp gesteel is. Die klaer het bevestig dat die motordiewe in die parkeerterrein verby hom gery het en…

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG HELP BRANDWEER BY BRANDENDE HUIS
| | |

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG HELP BRANDWEER BY BRANDENDE HUIS

AfriForum se Springs-buurtwag het op 5 Julie die plaaslike brandweer gehelp by ’n brandende huis. Die plaaslike tak het ’n waterwaentjie wat vir brandbestrydingsdoeleindes gebruik word. Ongelukkig het vlamme die hele huis verswelg. Die huis het bestaan uit vyf kamers wat individueel uitverhuur is aan tussen vyf tot tien mense. ’n Gasstoof wat na bewering…

AFRIFORUM HESSEKWA-BUURTWAG SE PROTOSPAN STAAN SAPD WEER SUKSESVOL BY
| |

AFRIFORUM HESSEKWA-BUURTWAG SE PROTOSPAN STAAN SAPD WEER SUKSESVOL BY

AfriForum se Riversdal-protospan, wat deel vorm van die organisasie se Hessekwa-tak, het op 1 Julie 2021 die SAPD gehelp om drie verdagtes vas te trek wat betrokke was by die diefstal van selfoontoringbatterye. Om 13:52 het ’n lid van AfriForum se Hessekwa-buurtwag alarm gemaak nadat die LPR-kamerastelsel ’n verdagte motor uitgewys het wat Riversdal binnegegaan…

End of content

End of content