Vryheid-tak dien GOP-voorstelle in
| |

Vryheid-tak dien GOP-voorstelle in

Die AfriForum-tak in Vryheid het op 15 Maart verskeie voorstelle vir die geïntergeerde ontwikkelingsplan (GOP) by die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Hierdie proses moet jaarliks hersien word en volgens die wetstelsel moet lede van die gemeenskap die geleentheid te kry om voorstelle in te dien. “Ons het gereelde water- en kragonderbrekings en rioolprobleme, en die…

Potchefstroom-tak stomgeslaan oor vullisterreinoudit
| |

Potchefstroom-tak stomgeslaan oor vullisterreinoudit

Die AfriForum-tak in Potchefstroom was aangenaam verras oor die reuseverbetering by die plaaslike vullisterrein tydens ’n vullisterreinoudit op 10 Maart. AfriForum se jaarlikse vullisterreinoudit word tans uitgevoer en luidens die jongste syfers in die verslag, het die vullisterrein in Potchefstroom in 2022 op 82% geëindig. Dit is ’n drastiese toename in vergelyking met die vorige…

AfriForum-buurtwag help polisie met arrestasies
| |

AfriForum-buurtwag help polisie met arrestasies

AfriForum se Riversdal-buurtwag het op 12 Maart in verskeie operasies hulp aan die polisie verleen, waartydens ’n aantal verdagtes in hegtenis geneem is. Die polisie het vroegdag ’n verdagte met ’n lasbrief in hegtenis probeer neem, maar hy het hom teen arrestasie verset en gevlug. Die buurtwaglede het die polisie in ’n uitgebreide soektog na…

AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek La Montagne Primary School
| |

AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek La Montagne Primary School

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 11 Maart by die La Montagne Primary School in Pretoria besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery…

AfriForum hou die Mooirivier veilig
| |

AfriForum hou die Mooirivier veilig

AfriForum se veiligheidsnetwerke in die Mooirivier het in Februarie weereens ’n reuse bydrae in die dorpe en omliggende gebiede gelewer. Daar is ongeveer 740 patrollies gery deur 536 patrolleerders. Die buurtwagte in hierdie streek is Bothaville, Parys, Sasolburg, Ellaton, Songloed, Hartbeesfontein buurt- en plaaswag, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad. Drie van dié buurtwagte het…

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Fairland
| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Fairland

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 8 Maart die Laerskool Fairland in Randburg besoek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te…

AfriForum-tak woeker in Sasolburg
| |

AfriForum-tak woeker in Sasolburg

Die AfriForum-tak in Sasolburg het gedurende Februarie nie geskroom om hul hande vuil te maak om die algehele netheid van die dorp te verbeter nie. Altesaam 33 ha gras is die afgelope maand in verskillende areas gesny, waaronder Snyman, Jan Smuts, Mosega, Magersfontein, De Wildt, Toon van den Heever, Totius, Nuwekloof, Koeberggroenstrook, Opperman, Pres Swart,…

Nuwe toerusting vir Springs-tak om netheid te verbeter
| |

Nuwe toerusting vir Springs-tak om netheid te verbeter

Die AfriForum-tak in Springs het op 8 Maart nuwe toerusting aangekoop om die algehele netheid van hierdie stad te verbeter. Die nuwe toerusting sluit in twee bossiekappers, twee blaarblasers, vier harde hoede, ’n kettingsaag en ’n grassnyer. Hierdie toerusting sal nie net gebruik word om die tak se volhoubare projek by die eendedam meer doeltreffend…

Potchefstroom-tak plant eikebome in historiese laning
| |

Potchefstroom-tak plant eikebome in historiese laning

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 5 Maart hul hande vuil gemaak en agt nuwe eikebome in die historiese eikeboomlaning geplant, nadat sommige van die ouer bome gevrek het. Die jong bome is deur inwoners van die Damarea geskenk en is in Calderbanklaan aangeplant. Altesaam 16 mense van onder meer AfriForum se Potchefstroom-tak, AfriForum Jeug…

Waterlek in Potchefstroom ná volgehoue druk herstel
| |

Waterlek in Potchefstroom ná volgehoue druk herstel

Na volgehoue druk van die AfriForum-tak in Potchefstroom is ’n reuse-waterlek op die hoek oorkant Canal Crossing in Paryslaan herstel. Dit kom nadat Piet Theron, plaaslike regeringsbeampte van die tak, inligting ontvang het oor twee sterk strome skoon water wat al vir etlike jare by ’n mangat op die winkelsentrum se perseel instroom. Malebone Ditlhobolo,…

End of content

End of content