Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare skoonmaakprojek
| |

Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het gedurende Maart nie geskroom om hul hande vuil te maak om die algehele netheid van die dorp te verbeter nie. Altesaam drie hektaar gras is gesny en 40 vragte vullis is die afgelope maand in verskillende areas van die dorp weggery. Daar was gefokus op Dawesstraat, Mcgeregorstraat, Kerkstraat, Arendweg en…

AfriForum se Ermelo-buurtwag vind gesteelde voertuig terug
| |

AfriForum se Ermelo-buurtwag vind gesteelde voertuig terug

Die AfriForum-buurtwag in Ermelo het op 27 Maart gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te vind. Omstreeks 21:10 is inligting van boere ontvang dat ’n gesteelde voertuig op die N2 by Panbult opgemerk is, terwyl die plaaslike sekuriteitsmaatskappy en die SAPD saam met die Ermelo-buurtwag daarop gereageer het. Die voertuig is weer in Ermelo opgemerk…

Witbank-tak loods tweede fase van projek om skole te beveilig
| |

Witbank-tak loods tweede fase van projek om skole te beveilig

Die AfriForum-tak in Witbank het fase twee van sy projek om die gebied rondom skole te beveilig op 25 Maart geloods deur verdere verbeteringe aan te bring. Gedurende die tweede fase van die projek is ontbrekende padtekens rondom die Laerskool Taalfees vervang. Hierdie tekens ontbreek al vir ’n geruime tyd en het kinders se lewens…

Klerksdorp-tak daag Matlosana Plaaslike Munisipaliteit voor die hof
| |

Klerksdorp-tak daag Matlosana Plaaslike Munisipaliteit voor die hof

AfriForum het op 24 Maart die eerste sarsie in ’n hofgeding oor die voortslepende rioolprobleme teen die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit in die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng afgevuur. Die organisasie wil ’n hofbevel bekom vir dringende herstelwerk by die rioolaanleg, asook dat die munisipaliteit tot verantwoording geroep moet word. Die munisipaliteit het AfriForum ter elfder ure geopponeer….

Roodepoort-tak skep bewusmaking oor veiligheid
| |

Roodepoort-tak skep bewusmaking oor veiligheid

Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 26 Maart in samewerking met die Kloofendal-veiligheidsgroep en Beagle Watch Armed Response ’n veiligheidsaksie gehou. Die Roodepoort-tak het die oggend bewusmaking onder motoriste geskep oor veiligheid in hul gemeenskap en inligting deurgegee oor alles wat in hul omgewing gebeur. Die tak het gemeenskapslede ook gemotiveer om betrokke te raak…

Coligny-tak rig aanmaning aan Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit
| |

Coligny-tak rig aanmaning aan Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit

Die AfriForum-tak in Coligny het op 24 Maart ’n aanmaningsbrief aan die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit gerig om druk op dié munisipaliteit uit te oefen om die onvoltooide rioolstelsel klaar te maak. AfriForum eis dat die munisipaliteit die nuwe rioolstelsel binne drie maande moet voltooi en ’n gesonde omgewing vir die inwoners van die dorp moet…

AfriForum se Groter Moot-tak woeker voort in Maartmaand
| |

AfriForum se Groter Moot-tak woeker voort in Maartmaand

AfriForum se Groter Moot-tak het oor die langnaweek in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek geloods en die spruit tussen 24ste- en 25ste Laan, langs Terblanchestraat, skoongemaak. Die tak se tuinspan het ook weereens bewys dat hul hande vir niks verkeerd staan nie deur op 22 Maart ses slaggate in die Moot-omgewing te vul. “Die gemeenskap…

AfriForum stig tak in Oos-Londen
| |

AfriForum stig tak in Oos-Londen

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 22 Maart ’n tak in Oos-Londen gestig tydens ’n gemeenskapsvergadering. Die bestuur bestaan uit Dave Nettle (voorsitter), Willie Oosthuyzen (ondervoorsitter), Byron Petzer (sekretaris), Ronnie Saayman (tesourier), Ian Hein (veiligheid), Rowan Deysel (omgewingsake), Juan Claasen (jeug), Benedict van der Byl (plaaslikeregeringsake) en Risna Rossouw (projekte en werwing). Tydens dié vergadering het…

AfriForum en Raising Brightness besoek Pretoria-skole op Besigheidsbytjies-bemarkingstoer
| |

AfriForum en Raising Brightness besoek Pretoria-skole op Besigheidsbytjies-bemarkingstoer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 15 Maart by die Laerskool Monumentpark in Pretoria besoek afgelê as deel van hierdie aanlyn entrepreneurskompetisie se bemarkingstoer. Raising Brightness, ook ’n borg van die kompetisie, toer saam met AfriForum om ook hulle boek en kurses, Bou ’n Besigheid, bekend te stel. Hulle was ook op 16 Maart…

End of content

End of content